У нас вы можете посмотреть бесплатно Wat is Bekering? или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Wat is bekering? Wat beteken dit? Bekering (Teshuvah in Hebreeus) is ‘n aksie, bestaande uit drie hoof aspekte wat nie onafhanklik van mekaar kan funksioneer in die proses van bekering nie: 1.) Erken 2.) Bely 3.) Laat staan (hou op) En wanneer u dit doen, sal u barmhartigheid en vergifnis ontvang, genesing en herstel, oorwinning en vreugde. In die Grieks beteken sonde “om die merk te mis”, en in die Eertydse Hebreeus beteken sonde “om die pad na die huis te vernietig”, m.a.w. u laat niks agter om weer later na terug te keer nie. Die Woord van Almagtige YAHWEH verklaar die volgende rakende ware, opregte bekering: “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar HY WAT DIT BELY EN LAAT STAAN, SAL BARMHARTIGHEID VIND.” Spreuke/Mishle 28:13 Koning Dawid is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan: “Geseënd is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Geseënd is die adamiet aan wie YAHWEH die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. Toe ek geswyg het, het my beendere uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Selah. MY SONDE HET EK U BEKEND GEMAAK, EN MY ONGEREGTIGHEID HET EK NIE BEDEK NIE. EK HET GESÊ: EK WIL AAN YAHWEH MY OORTREDINGE BELY; EN U HET DIE ONGEREGTIGHEID VAN MY SONDE VERGEWE. Selah. Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie. U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Selah.” Psalm/Tehillim 32:1-7 Seën en vrede in die Naam van ons Meester Yahshua die Gesalfde Een. HALLELUYAH!