У нас вы можете посмотреть бесплатно Gerri Pretorius: Daardie Oomblik op Expresso(03.04.2012) или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Gerrie Pretorius is een van Suid-Afrika se top kunstenaars. Met vier goue albums sowel as twee platinumalbums en nog 'n goue plaattoekenning vir sy DVD In Konsert, tel hy onder die grootste verkopers in Suid-Afrika .Sy gewildheid klim daagliks;, nie net op eie bodem nie, maar ook oorsee. Gerrie het al vele suksesvolle vertonings oorsee gehad en is 'n gereelde gesig in Nederland waar hy ook verbonde is aan Volendammusiek en saam met heelwat Internasionale kunstenaars op n gereelde basis optree. Hy het ook al optredes gehad in Namibië , Londen, Australië, en Amerika. Gerrie is gebore in Mosselbaai, aan die Kaapse Suidkus waar hy ook skoolgegaan het. Hy het later begin studeer aan die PE-technikon waar hy sy B.Tech-graad in bemarking verwerf. Hy het ook bietjie klas hier gegee voor sy singery hom te besig begin hou het. Gerrie se loopbaan vat vlam in 2002 tydens die Klein Karoo Kunstefees op Oudtshoorn met sy trefferliedjie Annemarie wat dadelik op die SA top 20 beland en binne 3 maande vir hom sy eerste goue plaat besorg vir sy album, ook genaamd Annemarie. Van hier af was daar geen keer nie en volg hy dit suksesvol op met sy album, Hei Jy!, wat vir hom sy tweede goue plaat besorg. Gerrie bewys homself deur hard te werk, sy gehoor in die palm van sy hand te hou en met opregte ,plat op die aarde menswees, as n veelsydige kunstenaar wat nie terugstaan vir popmusiek, ballades , ligte opera of selfs jazz nie. Sy gunstelingsanger is immers Dean Martin... Gerrie het ook op al wat TV en radio program is, tydskrifvoorblaaie en nog vele meer verskyn. Hy het ook al bykans elke dorp in Suid-Afrika vir n konsert besoek. Dit maak hom 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika. Met sy derde album, betrek hy vir George (destydse lid van die gewilde George Baker Selection Band) sy bestuurder en regisseur van Nederland. In samewerking met George, reik Gerrie sy Album Adio Amore Adio uit, wat vir hom sy tweede platinumalbum besorg ná Annemarie. Gerrie druk hiermee sy eie stempel af en hy word ook benoem vir 'n aantal toekennings. Hy is weer lank op die trefferparades én die amptelike SA Top 20. Die liedjie 7 Sondes van dié album, word ook aangewys as een van RSG se gewildste liedjies van alle tye. Gerrie behaal ook sukses met Adio Amore Adio op die Nederlandse Sterrenparade. Met die gewildheid van DVD's wat toeneem, word daar besluit om ook 'n DVD te maak. Gerrie besluit hier om van die beste musikante saam te gooi vir sy DVD opname, wat hulle by die SAUK doen. Hulle maak weer gebruik van sy Nederlandse Agentskap en vlieg George spesiaal van Nederland in om te help met die opnames. 'n Simfonie-orkes met 'n pop klank word saamgestel en daar word gerepeteer om op die uiteinde 'n baie mooi DVD, wat ook 'n hoogtepunt in Gerrie se loopbaan is, te vervaardig. Gerrie is gedurig besig met nuwe projekte en sy CD Swing is in 'n heel ander klas en een waarop hy baie trots is. Gerrie is ook 'n eiendoms-ontwikkelaar en sakeman en hy vlieg gereeld Mosselbaai toe om na sy sakebelange om te sien. Hy is ook 'n vennoot in 'n eiendomsaak op Mosselbaai. Hy bedryf ook 'n aantal Kalahari- teater-en-restaurante. "Ek het geboer met kalwers wat ek grootgemaak het; hoenders en varke was daar altyd iewers. Ek het aartappels geplant wat die molle alles op gevreet het, aarbeie geplant en plantjies verkoop. Desembermaande het ek 'n hotdog stand op Santos strand gehad... Ek was altyd aan' t smous me tiets! Ek weet ek het in 'n stadium vertel ek wou 'n tandarts word, toe prokureur, toe boer. Daar was baie dinge op my lysie... En nou voeg hy 'n SAMA-benoeming by sy sukseslys vir sy tienjaar vierings album Gister en Vandag. Gerrie Pretorius se loopbaan skiet met spoed vorentoe!