У нас вы можете посмотреть бесплатно FAK vervang Gerrit Maritz se grafblad или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Nadat die grafblad van die Voortrekkerleier, Gerrit Maritz, vroeër vanjaar deur plaaslike kwaaddoeners verniel is, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ingetree om ons kosbare kultuurerfenis te restoureer. Gister (12 Oktober) het personeel van die FAK, die Erfenisstigting (ES), Bloedrivier-erfenisterrein en die maatskappy Load and Tip hierdie kosbare monument besoek en die grafblad met ’n nuwe granietsteen vervang. Maritz se laaste rusplek is by die Bloukransmonument naby Estcourt in KwaZulu-Natal. Barry Müller, kultuurkoördineerder van die FAK, het sy dank uitgespreek teenoor die organisasies wat die FAK in dié proses ondersteun het en moedig die gemeenskap aan om self rekenskap te doen van hul kultuurerfenis. “Ons erfenis is vir ons so kosbaar, ons moet saam staan om die toekoms van ons kultuurerfenis te verseker. Hierdie terrein word deur die Erfenisstigting beskerm, maar is afgeleë en kan maklik deur vandale en vernielsugtige kwaaddoeners geteiken word. Hopelik in die toekoms sal die gemeenskap saam met ons hande vat om seker te maak dat so iets nie weer gebeur nie.” Leonie Marais, erfenisspesialis by die Erfenisstigting verduidelik dat daar verskeie wetlike prosesse is waaraan organisasies soos die FAK en Erfenisstigting moet voldoen, wanneer organisasies erfenis- of historiese bakens wil herstel. “Om die granietblad wetlik te restoureer, kan tyd neem, want daar moet eers ’n permit bekom word wat deur erfenisliggame uitgereik word. Dan is daar ook vereistes waaraan voldoen moet word, soos die teenwoordigheid van ’n erfenisspesialis wanneer die herstelwerk gedoen word.” “Deur deel te wees van dié restourasie skep dit eienaarskap en dit help my om die geskiedenis oor te dra aan ander jongmense wat nie noodwendig die geskiedenis ken nie. Die twee jong mans van Load and Tip het ook vanuit hierdie proses geleer en ’n trots by hulle geskep. Dit is vir hulle ’n inspirasie om te weet dat hulle ’n verskil maak en bydra tot erfenisbewaring,” sê Charles Rademeyer, kultuurkoördineerder van die FAK. Die gebreekte stukke van die grafblad is tans in bewaring van ’n erfenisbewaarder in KwaZulu-Natal en sal in die toekoms in die Voortrekkermonument besigtig kan word. Maritz is na sy dood in September 1838 net buite die Voortrekkerlaer, Sooilaer, begrawe en is in 1895 by die Bloukransmonument herbegrawe. Die vermoede is dat Maritz daar herbegrawe is weens sy rol as weesheer van die weeskinders na wie hy omgesien het na die moorde by Bloukrans en Weenen in Februarie 1838. Die FAK moedig die publiek aan om erfenisskade in hul gemeenskappe aan te meld. Saam kan ’n verskil gemaak word en ons erfenis vir die nageslag bewaar word. Sluit aan as vriend van die FAK en maak ons hande sterker om ons erfenis te bewaar. https://www.fak.org.za/vriende-van-di...