У нас вы можете посмотреть бесплатно Chopper ongeluk - Voetspore 7 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Dit het begin in Cradock. Ons het opgestaan by die pragtige gerestoureerde straatjie. John, die man wat dit op hom geneem het om Cradock se toerisme te bevorder het ʼn draai kom maak en kom vertel wat alles daar nog in die omgewing te sien is. Ons sal beslis weer moet kom, want Cradock is veel meer as net ʼn plek waardeur mens ry op pad kus toe. Ons het ook vir die helikopter gewag. Banie, Francois en Eddy was op pad. Hulle moes die vorige aand langs die pad land toe dit begin donker word. Stefan, Gideon en Streicher het die tyd gebruik om video en foto materiaal af te laai op harde skywe. Vanjaar werk ons tegnologies op ʼn ander manier. Net na nege was die helikopter daar. Ons het gaan brandstof tap en vertrek. Stefan was in die helikopter met sy kamera. Ons het ʼn paar lugskote van die voeretuie deur Cradock se strate gekry. Daarna is die helikopter Queenstown toe. By Queenstown het ons al die jerrykanne, dis 13 van hulle, vol afgas gemaak. Nou was daar genoeg brandstofvir die helikopter om weer ʼn paar keer vol gemaak te word. Streicher het die keer saam met Banie gevlieg. Hy en Eddy het ingeklim. Ons het vertrek. Stefan wou ook van die grond af die helikopter afneem. Net buite die dorp, op pad na Elliot, het ons onder verby hulle gevlieg. Francois was saam met my in die kar. Toe ons oor ʼn nekkie ry se ek nogal dat daar geweldig baie drade - dis nou kragdrade en telefoondrade - in die omgewing is. Die volgende oomblik roep Eddy oor die radio. Daar is ʼn probleem. Hulle is OK, maar ons moet terugkom. Die helikopter het drade gehak. Sy een been het ʼn kraglyn getref. Hoe dit gebeur het sal geen mens werklik weet nie, maar dis waarskynlik die wind wat hom afgedruk het. Hy was skielik reguit op pad grond toe. Dit was maar 20 of 30 meter hoog. Net Banie se vernuf het hulle daaruit gekry. Hy het die helikopter se neus op ʼn manier weer gelig. Die draad wat hulle terug gehou het, het gebreek. Dit het die helikopter geslaan. Toe was hulle vinnig op pad grond toe. Banie het daarin geslaag om die helikopter op die pad neer te sit. Dis 'n besige pad. Voertuie moes uitswaai. Voetgangers moes hardloop. Dis ʼn godswonder dat niemand seergekry het nie. Met die Genade van Bo het alles tot stilstand gekom. Die manne het groot geskrik. Ons ook. Dit alles kon so anders gewees het. Hoe groot die skade aan die helikopter is, kan ons nie se nie. Dis dalk maar net aan die buitekant. Maar ons kan die nie verder kanse vat nie. Ons het teruggery Queenstown toe en die afgas weer teruggegooi in die tenks by die lughawe. Laat middag het ons vertrek. Die helikopter manne sal ons nie vergesel op die res van die reis nie. Dis jammer. Die beeldmateriaal wat hulle sou bied is baie goed. Verder is hulle ook goeie vriende. Francois is eintlik mos ʼn Voetsporeman. Ons is na Elliot, oor die skouspelagtige Barkleypas na Barkley Oos. Dit het begin dinker word. Kort voor agt was ons in Rhodes. Ons het kom kuier by Janbert Rheeders en sy vrou Caroline, Sy het vir ons boerekos gemaak. Heerlike skaapboud, pampoenkoekies en boontjies. Dit alles op haar koolstoof. Caroline se dis ʼn stoof soos geen ander. Dit was al weer laat toe ons gaan inkruip het. Dit was ʼn dag vol drama. Dit kon so anders gewees het. Ons praat weer. Johan