У нас вы можете посмотреть бесплатно Stiaan Reynierse Sewe Official или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Hierdie video is moontlik gemaak deur CJR Productions. Executive Producer: Pierre Rossouw Director/DP/Editor - Skemerlens Films | EONMEDIA Photography and Song Cover Design: Eon Coetzee | Skemerlens “The eagle has landed...” SEWE is hier! Bietjie langer as ‘n jaar gelede sou ek hoog en laag gesweer het dat dit nie moontlik is of was nie. Die meeste ander wat my geken het, sou dieselfde onmoontlikheid saam met my gesweer het – selfs dik rolle geld daarop gewed het. Vandag – een jaar later staan ek eerlik en silwerskoon op die kruin van die steilste, wreedste, hoogste en woedendste berg in my hele lewe, wat ek nóg moes klim. Die laaste druppel drank lê 365 dae ondertoe, teen die voet van 10 Desember 2024. Ek wens ek het geweet hoe om my mond te vertel wat hy moet sê, want enige woord wat my tong vandag sal waag om te praat, sal die heiligheid en dankbaarheid van die oorwinning wat ek binnetoe vier, verpletter. Daar ís nie woorde nie. Daar is nét VOEL, en al hoe ek iets sinvol van vóél kan vertel is deur musiek. Deur musiek in klipharde rock. My gees is so verslae vandag. Dankbaar. Ek huil met stukke lag tussen lou trane wat wéér kom voor dit afkoel. Slegs die enkeles wat hierdie soort berge uit is, sal weet hoe die donker asem van die bose ruik. Sal weet hoe klink sy stem. Sy lag. Sal weet hoe ver sy verwoesting strek. Sal weet hoe lank sy leuens duur. Sal weet hoe styf sy boeie sit. Sal weet hoe dônners diep sy swepe sny. Hy vat alles. ALLES! Hy lieg die woord “onmoontlik” konstant vir jou. Klip-vir-klip, helling-vir-helling, hel-vir-hel is ek berg-op. Nog nooit het ek God só duidelik gesien in goed wat mense ‘toeval’ noem nie. Ek sweer dat Hy elke gedagte van my ken. Die antwoorde en tekens was meer konkreet as ‘n brief in groot letters. Dít gaan ek nie eers probéér verduidelik nie, want mensverstande is té knap en ongelowig daarvoor. Eenmaal lank terug het ek vir iemand gesê dat dit juis die ónmoontlike is wat iets móóntlik maak. Dit is toe so! Vandag vier ek die onmoontlike met moontlikheid. SEWE is vir ELKEEN wat te lank die leuen van onmoontlikheid glo. Vir elkeen met ‘n brandmerk op sy arm in die koninkryk van slawerny. Daar ís vryheid en LEWE anderkant die boeie waarin jy jou eie lyk al só lank warm hou. Kom breek die kettings saam met my en luister die song KLIPHARD asseblief. Download en deel dit so ver as wat jy kan. Ek het julle diep-diep lief. Lyrics: Ek het verdwaal in die wildernis se ranke Gesink in die dryfsand van die dood Te bang om te vlieg want my vlerke Het ek agter my rug geknoop Sewe ongenooides om die tafel Hulle sê my huis is leeg Die agste staan en glimlag vir die ander Hy sê: aangenaam ek's die vader van die leun Ses voet diep in my eie graf SEWE wat my help om te grawe Agt staan hy met sy slinks glimlag Ek hou my eie lyk warm Daar was stilte in die hemel Kon n naald hoor val Ek het my spore gaan versamel By die hekke van die hel Te ver gekom - te duur betaal Te hoog geklim om weer te val Uit die wildernis bevry Uit die koningkryk van slawerny Elke keer as die hamer in die hof val Vind ek weer my mond skuldig pleit Elke poging wat ek boontoe wou bid Het ek hoogtevrees gekry SEWE ongenooides staan nou buite Die agste bly steeds na my rigting kyk Plak gerus jou teikens teen my ruite My swaard aan altwee kante gesluip Ses voet diep in my eie graf SEWE wat my help om te grawe Agt staan hy met sy slinks glimlag Ek hou my eie lyk warm Daar was stilte in die hemel Kon n naald hoor val Ek het my spore gaan versamel By die hekke van die hel Te ver gekom - te duur betaal Te hoog geklim om weer te val Uit die wildernis bevry Uit die koningkryk van slawerny Daar was stilte in die hemel Kon n naald hoor val Ek het my spore gaan versamel By die hekke van die hel Te ver gekom - te duur betaal Te hoog geklim om weer te val Uit die wildernis bevry Uit die koningkryk van slawerny