У нас вы можете посмотреть бесплатно Kyknet Ontbytsake Episode 586, Uitgesaai 10 - 15 Nov 2012 - RSASearch Advertensies или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Hier is die elfde in ‘n reeks van 20 episodes van Kyknet Ontbytsake waar Ben Otto, eertydse eienaar van RSASearch, sy besigheid adverteer. Destyds is RSASearch voorgehou as die beste besigheidsgids in Suid Afrika, en kwesbare bejaardes en pensioenarisse is spesifiek uitgenooi om hul spaargeldjies daar te belê. Benoude oumense het maklik toegegee aan Ben Otto se uitstaande oorredingsvermoë en sjarme. Wat egter die deurslag gegee het was dat Dawie Roodt, die bekende Ekonoom en Uitvoerende Hoof van Efficient Group, RSASearch telkemale voorgestel het as die beste besigheidvennoot in die land. Dawie Roodt het internasionale erkenning verwerf deur sy loopbaan en sy endossering het baie gewig gedra. Op 28 Julie 2020 het die toekoms vir hierdie “beleggers” in ‘n oogwink verander. Met een WhatsApp het Ben Otto almal meegedeel dat hy RSASearch vrywillig likwideer en hulle is hul geldjies kwyt. Hy is aangekla van bedrog, geldwassery en die bedryf van ‘n piramide skema, maar het die hof wonderbaarlik ontwyk tot sy dood op 30 Maart 2025. Die vreemdste van alles is dat daar geen geld gevind kon word nie, en die boedel is afgehandel met ‘n balans van R660,00. Die vraag is nou: Kan die Nasionale Uitsaai Owerheid verantwoordelik gehou word vir die “slagoffers” se verlies? RSASearch is per slot van sake op hul gewildste Afrikaanse platvorms geadverteer (Daar is nog radiostasies soos Radio Overvaal Stereo ook). Kyk hierdie episode en spot die plekkies waar Dawie die publiek vertel hoe RSASearch jou beste besigheidsvennoot in die land is. Volg sommer hierdie kanaal om te sien wat in die pyplyn afkom. Hier is groot dinge aan die broei. Besoek gerus https://www.BuhrWizard.Online vir meer inligting.