У нас вы можете посмотреть бесплатно Geleende Tyd - Manie du Toit или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Tyd word aan ons geleen Dit wat aan jou uitgedeel word, is ook aan my gegee en Elke dag is ‘n geskenk van God wat jy met daai tyd doen is jou geskenk aan Hom Ons tyd is net geleen Want tyd is al wat jy het, totdat jy dit nie meer het nie. Dis heeltemal persoonlik en terselfdertyd geheel en al in die openbaar vir ons almal is daar net sestig minute in ‘n uur Die lewe spring verby in ‘n hartklop Maar Jy.. Jy word nuut gebore in elke oomblik Leef werklik moenie nie net bestaan nie want jou horlosie sal altyd vir jou herhinder hoeveel tyd jy oor het tot jou volgende dagboek inskrywing En Hoeveel memories het jy met tydelike mense wat net kits geluk by jou kom bestel het Hoeveel dae het al gemors op mense wat nie in die oomblik saam jou wou leef nie Jy sien Tyd was ons grootste vyand en tog, is dit ons maklikste verskoning Leef in die oomblik.. sê hulle Ja, Die lewe is ‘n gejaag na wind Maar hoe hou jy die wind tussen jou vingers vas Hoe druk jy die see in jou sak en glimlag weer soos gister toe jy die wêreld daarmee gered het Hoe leef jy in die oomblik as jy wag vir vanaand, as jy dink aan more Die lewe is 'n gejaag na wind Mag die wind jou ophou jaag wanneer jy vrede in jouself probeer vind want wat jy met vandag doen is in jou hande, drome kos jou nie geld nie en woorde maak jou nie ‘n held nie. Dis wat jy doen met wat jy het, wat jou van hierdie tydsame wêreld sal red. En ons hoef nie alles uitgefigure te hê nie, dis okay, maar jy skuld jouself ten minste ‘n kans om te probeer Niks maak jou sterker as wat jy jouself toelaat om te wees nie Deel jou glimlag uit vir iemand wat dit meer nodig het as jy. Die punt is, as jy die wêreld gaan toelaat om jou te vinnig groot te maak mag jy dalk net jou tyd prys gee voordat jy dit met iemand kon deel En Maak jou tyd veilig want mense breek so maklik in Hierdie lewe wat ons gekry het is deesdae selfs meer onvoorspelbaar as ons verlede Maar tog dryf ons handel met Môres asof ons nog berge se voorraad in besit het Jy is hier NOU Wat los jy as jy loop? Daar kom ‘n hoofstuk waar jou kommas in punte sal verander Maar ek sal altyd terugblaai in jou en al gaan ek soms van jou vergeet sal ek altyd van jou weet Jy is die een gedagte wat bly, Jy en die lewe wat ek uit jou kon kry dis Geleende Tyd, dis al wat ek het, totdat ek dit nie meer het nie