У нас вы можете посмотреть бесплатно MY GEBED VIR 'N BOER TWEE | ONTMOET ONS NUWE BEKENDES или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
KOM SKRYF SAAM MET ONS BEKENDES! MY GEBED VIR ‘N BOER (Twee) Hierdie is ’n inisiatief deur NS Liefdesdiens / NS Act of Love – ’n nie-winsgewende platform van Ns. Skrywershuis - Uitgewer. FONDSINSAMELING VIR SLAGOFFERS VAN PLAASAANVALLE. Die fondse word aangewend om trauma-berading aan slagoffers te bied. NEEM DEEL AAN HIERDIE PROJEK – ondersteun hierdie inisiatief en ons bekendes om fondse in te samel vir slagoffers van plaasmoorde. Jou bydrae sal saam met ons bekendes in hierdie boek gepubliseer word. TEMA (nie verpligtend nie): BROOD – ons daaglikse voedsel, maar ook simbolies aan godsdiens en lewe. Kom ons bid en skryf saam vir die veiligheid van plaasboere, hulle gesinne en hul werkers. Ons bid vir troos vir slagoffers van plaasmoorde. Kom ons bid vir verandering, bystand, vergifnis, wysheid, goeie leierskap en vir God se genade, asook seën oor die boere en al die mense van ons land. Indien jy sou voel om vir die hele wêreld te bid, kan jy dit ook doen – dit is immers jóú gebed. Die boere en mense van Suid Afrika sal jou woorde ter harte neem en jou bydrae sál ‘n groot verskil maak in elkeen se lewe. HOE OM DEEL TE NEEM ‘n Inskrywingsfooi van R100 word verlang per inskrywing. Die bankbesonderhede verskyn op ons webwerf www.nskrywerhuis.co.za [GEBEDEBOEK]. E-pos jou gebed, kortverhaal, prosa of gedig, saam met jou bewys van betaling na: nicoschamrel@gmail.com. REËLS: 1. Jou gebed inskrywing mag nie 150 woorde oorskry nie. Kortverhale se woordtelling is ongeveer 1500 woorde. 2. Gedigte se woordtelling kan tot ongeveer 300 woorde wees. 3. Mag nie rassisties wees of enige persoon of partye benadeel nie. 4. Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike skrywe wees. Plagiaat is ‘n kriminele oortreding. 5. Sluitingsdatum is 31 Augustus 2022. 6. Jou bydrae bly jou besit. Ons beskerm jou kopiereg. Deur jou inskrywing, verleen jy toestemming aan Ns. Skrywershuis om jou bydrae te publiseer. MEER INLIGTING: www.nskrywershuis.co.za #gebedeboek #nskrywershuis #mygebedvirnboer #nicoschamrel