У нас вы можете посмотреть бесплатно Bewerkings met telgetalle или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Wanneer ons bewerkings met telgetalle doen, is dit belangrik om te weet dat nul die identiteitselement van optelling is, terwyl 1 die identiteitselement van vermenigvuldiging is. Wat beteken dit? Wanneer ons ‘n nul tel by enige getal, behou die getal sy identiteit – die nul verander nie die getal se waarde nie. Dieselfde geld as ons nul van enige getal aftrek. Die getal sal nie verander nie. Waar 1 die identiteitselement van vermenigvuldiging is, beteken dit dat wanneer ons ‘n getal met 1 maal, die getal se identiteit dieselfde bly – die 1 verander nie die getal se waarde nie. Dieselfde geld as ons ‘n getal met 1 deel. Onthou dat wanneer jy telgetalle optel en aftrek met die kolommetode, jy die korrekte plekwaardes onder mekaar skryf en dat jy oordra of gaan leen waar nodig. Die vermenigvuldiging van getalle kan ook op verskillende maniere gedoen word. Die mees algemene metode is die kolommetode, maar dit kan ook met die roostermetode gedoen word. Kyk die video om te sien hoe vinnig en maklik jy twee getalle kan vermenig met die roostermetode. Onthou dat wanneer ons getalle deel, begin ons altyd aan die linkerkant van die getal, dus, by die grootste plekwaarde. Skryf vooraf eers die eerste nege veelvoude van die deler neer sodat jy vinnig en doeltreffend die antwoord kan bepaal. 0:00 Inleiding 0:13 Karaktereienskappe van nul en een 1:49 Eienskappe van een 2:42 Optel 4:26 Aftrek 6:13 Maal 6:51 Maal met die kolommetode 9:48 Maal met die roostermetode 14:02 Deel Hierdie video is ook beskikbaar in Engels. Klik hier om dit te kyk: • Operations with whole numbers This video is also available in English. Click here to watch it: • Operations with whole numbers #lindalehanie #classroomeducationonline