У нас вы можете посмотреть бесплатно Helpende Hand Studietrust - Hier sal ek boer или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
HIER SAL EK BOER Om in Suid-Afrika te boer is meer as net suksesvolle oeste en om krale te bou. Dit is dieper as die saad wat geplant word en die slote wat gegrou word. Om in Suid-Afrika te boer is die voorsiening van môre se bord kos, die onderhoud van Moeder Natuur en die harde werk wat reeds geskied voor die son se strale oor die horison skyn. Die volharding deur droogtes en peste, die konstante gebid vir water uit die hemele en die streef na voorsiening vir die volgende geslag. In Suid-Afrika ervaar ons boere groot uitdagings. Uitdagings soos jaarlikse droogtes, die uitbreek van peste en siektes, plaasmoorde, stropery, en soveel meer. Baie voel hulle wil eerder hul grond verkoop en baie voel hulle wil groener weivelde gaan soek, maar ons kan nie sonder hierdie rolmodelle nie. Daarom het die Helpende Hand Studietrust die Hier sal ek Boer Studiefonds gestig. Hierdie fonds is juis gestig met die doel daarop om seker te maak dat studiekostes nie nog ʼn uitdaging vir ons landbou helde is nie. Elke student wat wil studeer - moet kan studeer. Die volgende studente kan vir studiehulp deur die Hier sal ek Boer Studiefonds aansoek doen: Hulpbehoewende studente wie se ouers (se plase) deur droogtes, ramptoestande, stropery of plaasmoorde aangeraak is en in enige rigting by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer; of Hulpbehoewende studente wat graag in enige landbou- of natuurbewarings-rigting by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer. Hulpbehoewende studente wat enige kursus in die wildbedryf by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer. Hoe kan jy 'n bydrae maak? Die Helpende Hand Studietrust Bank: FNB Rek No: 62331447541 Takkode: 261550 Verwysing: HierSalEkBoer Swift Kode: FIRNZAJJ Maak ‘n verskil met jou donasie en ontvang ‘n artikel 18A-belastingsertifikaat vir belastingvoordele. Skenk vandag aan die Hier Sal Ek Boer Studiefonds en verseker die toekoms van môre. Lees meer by: https://hh-studietrust.co.za/hier-sal...