У нас вы можете посмотреть бесплатно Toekomsbouer | Argiteksvoorstelling van die nuwe Akademia-kampus или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die ontwikkeling sal in Pretoria geleë wees, agt kilometer vanaf Solomon Mahlangu-rylaan op die Boschkop-pad in die ooste van Pretoria. Die nuwe kampus bied aan Akademia die geleentheid om ’n volledige en uitgebreide akademiese programaanbod oor al sy fakulteite beskikbaar te maak wat aan die omvattende vraag van voornemende studente sal voldoen. Dié kampus sal voorts voorsiening maak vir 5 000 voltydse voorgraadse studente en nagenoeg 1 500 nagraadse studente. Vier mans- en vier dameskoshuise sal 1 500 studente op die kampus kan huisves. “Fase een van die projek sal nagenoeg R1,8 miljard beloop en op 1 Januarie 2028 voltooi wees, terwyl die totale ontwikkelingskoste meer as R3 miljard sal wees. Die tweede fase behels die voltooiing van die akademiese kampus en koshuise waarna die sportfasiliteite, kapel en ouditorium volg,” verduidelik Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton. “Ons gaan ’n reusemonument vir Afrikaanse hoër onderwys oprig. Dit gaan kantoorblokke, lesingsale, laboratoriums, ’n ouditorium, doelgerigte navorsingslokale, ’n kafeteria, restaurante, koffiewinkels, ’n studentesentrum, biblioteek, koshuise, personeelverblyf én wêreldklas sportfasiliteite vir rugby, krieket, netbal, tennis, atletiek, hokkie, swem en binnenshuise sportsoorte insluit,” voeg Schalekamp by. “Daar word ook ’n proefplaas vir die Natuurwetenskappe- en Landboufakulteite beplan.” - https://www.kanton.co.za/ https://toekomsbouer.co.za/