У нас вы можете посмотреть бесплатно 40 Dae Van Oorwinning или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Goeiedag. Ons staan weer op die drumpel van Lydenstyd. Vir baie van ons voel hierdie 40 dae soos ’n somber tyd – ’n tyd van as, stilte enswaarmoedigheid. Ons stap die pad van die kruis en ons wag vir Paassondag, wanteers dán, so dink ons, kan ons oor oorwinning praat. Maar wat as oorwinning nie eers op Paasoggend begin nie? Wat as die krag van dieopstanding reeds aan die werk is in elke tree wat Jesus na die kruis gegee het?Hierdie jaar wil ek jou uitnooi na ’n ander soort reis: 40 Dae van Oorwinning. Dit gaan nie oor ’n oorwinning van mag of sukses nie. Dit gaan oor die diep, heiligeoorwinning wat gebore word in gehoorsaamheid, oorgawe en liefde. Daar is oorwinning in die as van Aswoensdag. Daar is oorwinning in die stilte van diewoestyn. Daar is oorwinning in Getsemane se oorgawe. En ja, daar is die volheid vanoorwinning in die leë graf op Paassondag. Paasfees is nie ’n losstaande triomf nie. Dit is die klimaks van ’n oorwinning watreeds aan die werk was toe Jesus sy wil aan die Vader s’n onderwerp het en sy lewevir ons gegee het. Die wêreld dink oorwinning beteken om bo-op te eindig. Maar in die koninkryk vanGod is oorwinning dikwels die oomblik wanneer ons ophou veg in eie krag en beginrus in Christus se voltooide werk. Dit is oorwinning oor vrees. Oorwinning oor die ego. Oorwinning oor skuld enselfverwyt. Oorwinning oor die dinge wat jou saans wakker hou. Elke week gaan ons saam ’n nuwe beweging volg. Van Maandag tot Saterdag stuur ekvir jou ’n kort dagstuk. Op Sondae berei ons saam ons harte voor vir die week watvoorlê. En hierdie keer gaan ek die dagstukke nie net skryf nie – ek gaan dit ook voorlees. Jykan dit dus in teksvorm lees, of later in die dag luister. Geen ekstra inhoud nie, net diedagstuk self – maar op ’n manier wat jou help om stil te word en dit dieper te beleef. Moenie hierdie 40 dae net deursleep nie. Moenie dit net uithou tot Paasfees nie. Kom ontdek dat jy nie veg vir oorwinning nie, maar leef vanuit ’n posisie vanoorwinning. Christus s’n. En omdat dit Syne is, is dit reeds joune. Stap saam met my. 40 Dae van Oorwinning. Dit begin nou.