У нас вы можете посмотреть бесплатно ‘N Wildpad vol Verrassings! - Rooiputs tot Mabuasehube - Episode 5 - Julie/Aug 2025 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
ROOIPUTS TOT MABUASEHUBE - EPS 5 - Jul/Aug 2025 Vandag vat ons die pad van Nossob terug na Rooiputs — ’n roete wat eenvoudig net sielskos is vir enige natuur- en wildliefhebber. Die pad self is in uitstekende toestand, goed onderhou, en dit maak die rit ’n ware plesier. Net na Marie se draai kry ons ‘n pragtige maanhaar leeu. Hy stap rustig in die pad, en lyk heel tevrede met homself. Ons ervaar die rustigheid en kalmte van die park. Ons sien jakkalse, gemsbokke, springbokke en hartebeeste en ‘n klomp verskillende ander diere, en almal is besig met hul eie daaglikse roetine in die Kalahari se sonskyn. Maar die hoogtepunt van die dag? ’n Cheetah wat ’n volstruis gevang het! ’n Asemrowende en skaars gesig — die natuur in al sy rou, wonderlike krag. By Melkvlei stop ons vir ’n welverdiende ruskansie. Tyd om die bene te rek, die stof van die pad af te skud en ’n koppie warm koffie te geniet. Later die middag, toe ons uiteindelik by Rooiputs aankom, voel dit soos om huis toe te kom. Die rooi duine, die oop horison en daardie gevoel van vrede laat mens net weet — hier hoort ons. Hier vergeet mens van tyd… dis net jy, die natuur, en daardie besondere vrede wat net die Kalahari kan bring. Baie dankie vir Deon en Sonja wat hierdie wonderlike rit saam met ons mee gemaak het. Spesiale vriende op spesiale plekke, wat meer wil jy hê? Ry saam met ons op hierdie baie gewilde Kalahari-roete, geniet die wild, die landskap en die stilte van die woestyn. Jy gaan dit beslis nie wil mis nie. As jy van die video gehou het, los vir ons ’n like en teken in vir nog sulke avonture in die Kalahari en verder. Tot volgende keer — sien jou weer langs die kampvuur! Kliek net op die link hier onder, sit terug en geniet! #kgalagadi #bushlaparooimier #compassoffroadcaravan #bushlapa #buitelewe #outdoorliving #wildcamping #sony #sonyrx10 #sonyrx10iv #lion #leeu #cheetah #nossob #rooiputs #specialfriends #live #kgalagaditransfortierpark #iphonephotography #iphonepromax #animals #wildanimals