Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео




Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru



Leer rymwoorde ▶ Woorde wat rym in Afrikaans

As jy vir jou kind wil leer om te luister watter woorde rym, is jy by die regte plek! Hierdie kort video word toegewy aan 'n paar rymwoorde. Ons identifiseer die woorde wat rym deur na prentjies te kyk. Die kinders moet dan kyk of hulle die 2 woorde op elke prentjie kan vind wat rym. Ons luister ook na die klanke wat dieselfde is sodat die kind kan verstaan hoekom iets rym. Die prentjies help om die kind aandag te hou en ook visuele geheue in te span wanneer die konsep van rym vasgestel word. Ons gebruik ook kort woorde wat rym sodat die kleintjies nie oorweldig word deur lang woorde wat hulle nog nie kan lees nie. Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen gereeld woorde wat rym met jou kind. Rymwoorde is maklik om te oefen omdat ons dit in alledaagse taal gebruik. Ook baie belangrik om te onthou: Klank die woorde wat rym Skryf die rymwoorde (in die sand, op papier, in die lug!) Identifiseer woorde wat rym vra jou kind of hulle aan 'n woord kan dink wat rym met wat jy sê As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!    / stegosauruslearning   www.stegosauruslearning.co.za

Comments