У нас вы можете посмотреть бесплатно S1, EP4 - Woorde, waardes & jongmens uitdagings 🙋♀️ Rachelle & Monè или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die week op My Hart Klop So - Monè Oosthuizen is 17 jaar oud en tans die hoofmeisie van Hoërskool Wesvalia, in Klerksdorp. Sy is mal daaroor om tyd in die natuur deur te bring, want dit laat haar nader aan God se skepping voel. In haar vrye tyd lees sy graag boeke en is altyd nuuskierig om meer uit te vind oor dinge wat haar interesseer — veral oor die ekonomie en besighede. Monè se groot passie is om te praat — voor mense én met mense. Sy geniet dit opreg om tyd saam met haar hartsvriendinne deur te bring en is ook lief daarvoor om te sing, al sê sy self sy is ’n bietjie vals. Rachelle en Monè gesels oor die krag van woorde, jongmense se geloofsreise, en waarom deernis so belangrik is. In hierdie eerlike gesprek deel hulle hul perspektiewe oor hoe woorde mense kan bou of breek, hoe uitdagend dit soms is om as jongmens saam met die Here te wandel, en hoekom ons almal meer “compassion” met mekaar behoort te hê. Rachelle en Monè gesels eerlik oor skoolverhoudings, geloof en identiteit. Hulle praat oor hoe dit regtig is om te date op hoërskool, die druk wat daarmee saamkom, en hoe belangrik dit is om vas te hou aan jou waardes en sterk te staan in jou identiteit in Christus — al is jy jonk. Rachelle en Monè ruil rolle om en gesels oor liefde, geloof en lagwekkende tye op "Op My Eish". Monè neem die leisels oor en vra vir Rachelle oor haar reis op die program "Op My Eish". Hulle lag heerlik saam oor of jong meisies vir só iets moet inskryf, en Rachelle deel wat sy alles daaruit geleer het. Hulle praat ook eerlik oor verhoudings op skool, die belangrikheid van jou waardes, en hoe om sterk te staan in jou identiteit. #myhartklopsopodcast #klopklop #rachellepodcast #rachellefouriepodcast #podcast #hoeklopjouhart #potgooi #mone #wesvaliahoofmeisie2025 #wesvaliahoofmeisiepodcast #tienergeloof #geloofsreis #jonggeloof #diekragvanwoorde #woordemaaksaak #jongmensepraat #geloofInafrikaans #luistermetjouhart #kompassie #deernis #jongvolwassenes #eerlikegesprekke #afrikaansepodcast #ligindieduisternis #JesusVolgeling #BlyInGeloof #GeloofEnLewe