У нас вы можете посмотреть бесплатно Nuwe lewe saam met Jesus - Stephan Joubert, 8 April 2018 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
PREDIKER:STEPHAN JOUBERT TEKS:JOHANNES 20:19-23 TEMA: NUWE LEWE SAAM MET JESUS __________________________________________________________________ 1.DIE EERSTE “AANDDIENS” IN DIE VROEË KERK Die groepie bang dissipels is bymekaar op die Sondagaand pas nadat Jesus uit die dood opgestaan het. Hulle kruip weg agter geslote deure. Vrees wen. Toe daag Jesus in hulle midde op. 2. JESUS DEEL SY VREDE EN VREUGDE MET BANG DISSIPELS a.“Vrede!” “Shalom!” -so groet Jesus sy bang volgelinge, waarskynlik met sy regterhand in die lug uitgestrek as simboliese vredesgroet. Ook wys Hy sy hande en sy vir hulle. Dit is regtig Jesus wat opgestaan het uit die dood! b.Die dissipels se vrees verander dadelik in vreugde: “Ons sien die Here!” sê hulle. c.“Vrede vir julle!” sê Jesus weer. So ontmoet Christus sy bang kerk. Hy kom met vrede na ons toe, nie met kwaai woorde nie. 3. JESUS STUUR SY KERK UIT MET SY GESAG a.Net soos die Vader Jesus aarde toe gestuur het, stuur Jesus nou sy kerk uit. Sy eie gesag word dié van sy kerk. b.Onsself is swak en nietig, maar ons is bemagtig met Jesus se krag en gesag. Ons is gevolmagtigdes van die Here. Ons leef vanuit Sy teenwoordigheid. 4. VOL VAN DIE GEES a.Jesus blaas die Heilige Gees uit oor al sy dissipels. b.Soos in Genesis, toe God se asem die mens tot 'n lewende wese verander het, vervul God se hemelse asem nou sy kerk tot nuwe lewe. Die Gees is die hemelse wind en die krag van die Here in ons lewe.