Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео




Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru



Die beste Alfabet vir kinders

23 Tradisionele en nuwe kinderliedjies en rympies in Alfabetiese volgorde met fonetiese klanke. Kinders kom leer die alfabet en van Afrikaanse kultuur. Afrikaners is plesierig, Al lê die berge nog so blou, Die donkie is ‘n wonderlike ding, Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier: https://ko-fi.com/koffievirlami Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning. Hoender wat ‘n eier nie kan lê, My hartjie my liefie, Januarie, Karalie Karool! Dis Heerlike Lente, Marie het 'n kleine lam, Nakkie die nar, Ou tante Koba, Die padda wou gaan opsit, Hoe ry die boere, Suikerbossie, Trein, Tortelduifie, Varkies, Wippie en Snippie, A Afrikaners Afrikaners is plesierig, dit kan jy my glo, hulle hou van partytjies, en dan maak hulle so: Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man, en hy vat om haar lyfie en dan draai hulle saam. Goeienag, my ou vroutjie, goeienag, my ou man! Oor 'n week 'n partytjie, en dan draai ons weer saam. B Berge Al lê die berge nog so blou, al lê die berge nog so blou, al lê die berge nog so blou, haar woorde sal ek steeds onthou. C Carmi D Donkie Oh die donkie, ja die donkie Die donkie is ‘n wonderlike ding Hy staan op die plaas En hy maak geraas Oh die donkie, ja die donkie Die donkie is ‘n wonderlike ding Hy staan teen die draad En hy loer op die straat E Ek Ek is sterk, ek is slim Drukkie drukkie drukkie (Deur Lami Leer en Speel Videos) F Fiets G Glo Voel jy soms 'n bietjie bang Haal diep asem en glo jy kan So sterk wees soos Koos Kombuis En slim soos die dapper muis (Deur Lami Leer en Speel Videos) H Hoender haan Daar is ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê Dis die haan wat op die kerk toring staan Hartjie My hartjie, my liefie, die son sak weg Die son sak weg, die son sak weg My hartjie, my liefie, die son sak weg Daar anderkant die blou berge I Is Is jy 'n sirkel dan is jy rond Is jy 'n reënboog dan is jy bond Is jy? Ja jy is 'n vis op 'n dis, binne in 'n kis is jy lus vir 'n wurm wil jy nie 'n wurm eet mm dan is jy nie 'n vis op 'n dis binne in 'n kis (Deur Lami Leer en Speel Videos) J Januarie Ken jy al die maande van die jaar? Januarie, Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Julie, Augustus, September, Oktober, November, Desember K Kat koei Karalie Karool Karalie! Karool! Die kat speel viool, die koeitjie spring dwarsoor die maan, die hondjie die lag met al sy mag, en die skottel en lepel dans saam. L Lente Dis Heerlike Lente Dis heerlike lente, die winter's verby; weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my. Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o. Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o M Marie het 'n kleine lam Marie het 'n kleine lam Kleine lam, kleine lam Marie het 'n kleine lam Sy wol was wit soos sneeu Elke plek waar Marie gaan Marie gaan, Marie gaan Elke plek waar Marie gaan Gaan die lam ook saam (Deur Lami Leer en Speel Videos) N Nakkie die nar Ry in 'n blou kar Sy neus is rooi Sy broek is groen Nakkie die nar Ry in 'n blou kar Hare geel Wil heeldag speel (Deur Lami Leer en Speel Videos) O Ou tante Koba Ou tante Koba, sy is so dom Sy roer haar koffie met haar groot toon om Ou tante Koba, kry net 'n lepel Dan gaan als weer beter P Padda Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, haham Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, haham Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei Maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry Haham, haham, haham (Carike Keuzenkamp) Q R Ry Hoe ry die boere Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Sit, sit, so! Hoe ry die Boere? Sit, sit, so! Sit, sit, so! Hoera! S Swem Hou net aan swem, hou net aan swem Jy sal eendag wen (Deur Lami Leer en Speel Videos) Suikerbossie Suikerbossie, 'k wil jou hê, Suikerbossie, 'k wil jou hê, Suikerbossie, 'k wil jou hê; wat sal jou mamma daarvan sê? Dan loop ons so onderdeur die maan, dan loop ons so onderdeur die maan, dan loop ons so onderdeur die maan-- ek en my Suikerbossie saam! T Trein Tjoeke tjoeke paf tjoeke tjoeke paf paf, kyk hoe ry ek in die baba trein Tjoeke-tjoeke-paf, Tjoeke-paf-paf-paf. Kyk hoe ry ek op die babatrein. Opdraand op, afdraand af. Tjoeke-tjoeke-paf, op ‘n stywe draf. Tortelduifie Tortelduifie sit in die eikeboom, sing die lied van sy lewensdroom. Koer, tortelduifie, koer, tortelduifie by die waterstroom! U Uie laat jou huil Uiters ongemaklik as die trane loop As jy dit koop Sny dit oop Dan sien jy ook Uie laat jou huil (Deur Lami Leer en Speel Videos) Vark Hierdie klein varkie gaan mark toe Hierdie klein varkie bly tuis Hierdie klein varkie eet braai vleis Hierdie klein varkie kry niks Hierdie klein varkie huil al die pad tot by sy huis W Wippie en Snippie Wippie en Snippie loer uit 'n gaatjie, Wip is 'n muisie en Snip is sy maatjie. Wippie en Snippie daar kom die groot kat, Woeps spring die twee muisies weer terug in die gat. X Y Z Dit was ons hele Afrikaanse alfabet

Comments