У нас вы можете посмотреть бесплатно Kareedouw Geloftefees или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Kareedouw Geloftefees Program 09:30 – 10:10: Erediens (Ds. Gerrie Kruger, AP Kerk Kareedouw) Gemeentesang: Gesang. 261:1 Soek allereers die koninkryk van God; en sy geregtigheid. Wat julle nodig het sal die Vader dan vir julle gee uit sy oorvloed. Halleluja ! Halleluja ! Halleluja ! Amen. Amen. Gemeentesang: Ges. 101:1,4 1. Leer my soos Henog met U wandel en deur geloof U te behaag, in alles tot u eer te handel; totdat die nuwe môre daag. Hy wat U aanhang, op U steun, is in die gees, Heer, met U één. 4. Maar Henog het in donker dae met U gewandel, suiwer, waar. Hy’t U geken en sonder klae u leiding, koers en wil aanvaar. Tot aan die einde van my pad, wil ek só wandel; u hand vat. 10:10 – 10:40 Feesrede (Mev. Magda Beneke) Voorlees van die Gelofte (16 Des. 1838), Almal staan asb. Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons dié dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee. Afsluiting met die Stem van Suid-Afrika Vers 1 en 4 Die Stem van Suid Afrika 1.Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee, Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa - Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika. Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra: Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika 4.Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou - Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly: Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry. Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer - Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.