У нас вы можете посмотреть бесплатно Forever And Ever - Roger Rubens & The Meteors или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Roger Rubens is een van daai vergete sterre van ons Suid-Afrikaanse Pop- en Rock & Roll era aan die begin van die 1960’s. Die legendariese Suid-Afrikaanse rockgroep, Die Meteors, het juis ook hul eerste kennismaking met die opnamebedryf gehad toe hulle Roger begelei het op sy eerste twee plaatopnames vir Gallo se Continental-etiket. Die vier manne van die Meteors tydens diè vier snitte se opnames was Frikkie Kruger (leier-kitaar), Andy Van Der Merwe (ritme-kitaar), Glen Muller (bas-kitaar) en Billy Muller (tromme). Hul eerste twee opnames is op een van Continental se laaste 78-spoedplate aan die begin van 1962 uitgegee. Die snitte was “Forever And Ever” (een van Gracie Fields se 1948-treffers) en “I Want You To Know” (‘n 1957 gunsteling van Fats Domino). Later die jaar, op 17 Mei 1962, het hulle die Amerikaanse groep The Crests se groot treffer, “16 Candles”, en 'n eie komposisie van Roger en die twee Muller-broers, “Twistin’", opgeneem vir hul eerste solus-sewe uitreiking. Daarna het Roger en die Meteors se paadjies geskei, en dit was eers in die mid 1970’s wat hy weer sy verskyning gemaak het, en dit saam met die einste Frikkie Kruger. Hulle twee het saam met ‘n vriend Jakes Jacobs (bas-kitaar) in ‘n orkes gespeel, en later ook hul naam verander na onderskeidelik eers 4 Wheel Drive en toe na Southbound. Dit was dan ook saam met eersgenomde orkes wat Roger weer opgeneem het, en die keer vir EMI onder die baie bekwame hande van Billy Forrest en Lofty Schultz by die Gallo-ateljees. Frikkie se talent as liedjieskrywer het hier weer vorendag gekom toe hy gesorg het vir beide snitte, “Heartaches” en “They Say That Everyone”. Sover bekend het Roger in 1982 as “Rockin’” Roger Rubens sy laaste plaat opgeneem, en weereens uitgereik deur EMI. Die keer was Paul Desmond en Mike Pilot aan die stuur van sake, en die snitkeuses het geval op een van Marmalade se treffers “Radancer”, en nog ‘n briljante Frikkie Kruger-skepping “Sunshine And Raindrops”. Daarna het Roger Rubens spreekwoordelik van die musiektoneel af verdwyn, en sover bekend is hy in die vroeë 2000’s oorlede. Ongelukkig kan geen verdere inligting of ‘n foto van hom opgespoor word nie. Roger Rubens Diskografie: 78-Spoedplaat: Forever And Ever / I Want You To Know (met Die Meteors) [Continental - PD 8488 - 1962] Solus-Sewes: Twistin' / 16 Candles (met Die Meteors) [Continental - PD 7-8585 - 1962] Heartaches / They Say That Everyone (met 4 Wheel Drive) [EMI - EMIJ 11064 - 1976] Radancer / Sunshine And Raindrops [EMI - EMIJ 11200 - 1982]