У нас вы можете посмотреть бесплатно Jou Mense My Mense: Lida Smit или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Lida Smit het vir ons ’n epos gestuur me die onderwerp, “EK WIL WEER MOOI LYK EN LEKKER RUIK”…Sy sê verder; “Ek wou nie meer hier wees nie, maar God het my persoonlik teruggestuur met hierdie woorde: "Dis nie nou jou tyd nie, ek stuur jou terug". Dit, na ’n selfdood-poging (twee jaar gelede) wat haar vir ‘n week in ‘n koma gelaat het, en ‘n maand in die hospitaal. Sy sukkel om werk te kry, en het weens omstandighede buite haar beheer haar vorige werk opgegee. Sy skilder tans en hou haar besig met handgemaakte goedere wat sy kan verkoop vir ’n inkomste. Haar man, Colin, werk tans nadat hy ook vir lank werkloos was, maar kry slegs kommissie (wat nie altyd betaal word nie) Tog is hulle uiters dankbaar dat Colin ’n werk het. Lida en Colin het twee seuns, Jaedon (17, wat ook spesiale leerbehoeftes het, en nou klaar is met spesiale skool onderrig) en Donovan (31) wat beide met ’n skaars beenmurgsiekte gediagnoseer is. Hulle eet minimaal en hul imuunstelsels is amper nie-bestaande, en medisyne kan die gesin tans nie bekostig nie. Ons probeer wat ons kan maar dinge werk nie goed uit nie. Hulle woon tans in ’n baie klein eenheid in Keet Avenue in Les Marais, borsel hulle tande met sout en was hul hare en lywe met skottelgoedwasseep. Hul huur is ver agter, en kry hulle kort-kort kennis dat hul moet trek. Lida sê sy voel ‘useless’, as ma, as mens…en beaam dat sy nou te lelik voel om uit te gaan. Een van haar hartsbehoeftes is om weer soos ’n vrou, mens, en net eenvoudig waardig te voel. Buiten hul waardigheid, is haar grootste behoefte dat hulle finaal uit hierdie gat sal kom. Dat sy weer ’n kans gegun word in ’n werksomgewing, en dat die seuns ook uiteindelik sal gesond wees en floreer. Sy doen wat sy moontlik kan, maar loop konstant in ’n muur vas. Lida het by GROOTfm 90.5 kom kuier… #gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm