У нас вы можете посмотреть бесплатно Die Tuinwandelaars - Ons gaan saam God in die tuin wandel | Tiaan & Larozelle или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die woord "paradys" beteken oorspronklik: Ommuurde tuin. Daar is orde en grense aan hierdie paradys, wat harmonie, veiligheid en liefde laat heers. As die tuin nie ommuur is nie, is dit nie meer 'n paradys nie, en begin wilde diere en indringers die tuin verniel, wat gevaar, bitterheid en ontuisheid laat heers. 'n Getroude paartjie wandel in die paradys van hul huwelik. Die boodskap wat op hierdie troudag gelewer is, het mooi uitgewys hoe daar sekere bakens in 'n huwelikstuin is. Henna-blomme, nardus, safraan, wierookplante, ens. Dit alles, en meer, verteenwoordig die vergewensgesindheid, opoffering, liefde, gasvryheid en sagmoedigheid waarvan die huwelik behoort te bestaan. Die huwelik moet 'n veilige hawe vir die man en vrou wees, waar hulle tuis en veilig voel. Maar bowenal, die huwelikstuin moet 'n plek wees waarin God ook wandel. Hy, wat Lewe en Liefde is. Hy, wat bind sonder dat iets anders dit kan ontbind. Hy, wat die Lewende Water is, waarmee die tuin nat gelei sal word, en groei. Hy, wat die bron is en wat alles in stand hou. Met of sonder God, sal daar altyd trane in 'n huwelik wees. Maar as God in die tuin is, "maak [jy] die beddings nat met die trane wat jy versamel" (O Kind ~ Bernice West). God laat die sleg ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. Hy lei ons deur moeilike tye, deur woestyne, na die beloofde land en ons paradys. Hy volbring altyd die werk wat Hy in ons begin het. Rivier Plaas Venue #videodigters #sieraadfilms #trouvideo #rivierplaasvenue