У нас вы можете посмотреть бесплатно Faktore, priemgetalle, priemfaktore & grootste gemeenskaplike faktor (GGF) или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
In hierdie video word daar verduidelik dat faktore van ‘n getal natuurlike getalle is wat in die oorspronklike getal kan indeel sonder ‘n res. Byvoorbeeld die faktore van 6 is 1; 2; 3; en 6. Aangesien 1 x 6 = 6, kan ons sê dat 1 en 6 ‘n faktorpaar is van 6. Dieselfde geld vir 2 en 3. Hulle is ook ‘n faktorpaar van 6. Maar wat is priemgetalle dan? Priemgetalle is getalle wat slegs een faktorpaar het, bestaande uit die getal 1 en die oorspronklike getal. Neem 7 as ‘n voorbeeld. Die faktore van 7 is 1 en 7. Dus, aangesien daar slegs een faktorpaar is, is 7 ‘n priemgetal. Let wel, wanneer priemgetalle gelys word, is 2 die enigste ewe getal wat ‘n priemgetal is. Hoekom? 2 het slegs een faktorpaar bestaande uit 1 en homself. By al die ander ewe getalle kan 2 ingedeel word sonder ‘n res om nog ‘n faktorpaar te gee – dié dat 2 die enigste ewe getal is wat ‘n priemgetal is. Hoe kan ons die priemfaktore van ‘n getal bepaal? Priemfaktore is die faktore van ‘n getal wat ook priemgetalle is. In die geval van die getal 6, soos vroeër verduidelik, is 1; 2; 3 en 6 faktore van 6. Maar watter van daardie vier faktore is priemgetalle? Slegs 2 en 3. Dus, die priemfaktore van 6 is 2 en 3. Om die grootste gemene faktor van twee getalle te bepaal, skryf ons slegs al die faktore van die twee getalle neer. Kyk dan watter van daardie faktore oorvleuel – is gemeenskaplik – en watter van daardie gemeenskaplike faktore die grootste is. Hierdie video is ook beskikbaar in Engels. Klik hier om dit te kyk: • Factors, prime numbers, prime factors & hi... This video is also available in English. Click here to watch it: • Factors, prime numbers, prime factors & hi... #lindalehanie #classroomeducationonline