У нас вы можете посмотреть бесплатно Potbrood Perfeksie - Kosmeester Kortes (Weskus Kampkos) или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
As daar mos nou een ding is waarvan Suid Afrikaners hou dan is dit mos nou 'n ordentlike potbrood, saam met botter, konfyt en kaas. Potbrood is as te ware verweef in ons kultuur se DNA, en soos enige Suid Afrikaner jou ook sal kan vertel, kan 'n mens nie genoeg van hierdie meesterstuk kry as jy eers begin smul het nie. As jy hom maak soos wat ek hom maak, sit jy basies met 'n goudkleurige brood, wat veerlig en dood eenvoudig HEERLIK is. Hierdie brood is ook lig op 'n mense se gestel. Wees die praat van die dag en probeer gerus hierdie klassieke treffer. RESEP: 1/3de koppie suiker (80ml) 3 koppies lou water (750ml) 2 pakkies kitsgis 6 koppies meel (+ 'n ekstra knoppie vir knie-proses) 1 hoë eetlepel sout 1/3de koppie Olyfolie (80ml) Metode: Stap 1: Los die suiker in die lou-warm water op. Voeg die 2 pakkies kitsgis by, meng liggies deur die lou suikerwater, en sit eenkant vir sowat 10 minute (terwyl jy die droë bestandele meng). Stap 2: Meng nou die meel met die sout. Sodra gemeng roer die olyfolie in met behulp van 'n vurk. Stap 3: Sodra die gis 'n lekker dik laag skuim bo-op het, meng dit bietjiie-vir-bietjie met die meelmengsel. Sodra al die gismengsel in is, begin om te knie deur gereeld van die ekstra meel by te voieg terwyl jy vir sowat 10 minute knie, todat jy 'n sagte hanteerbare deeg het. Stap 4: Sit die deeg in 'n groot geoliede bak en bedek met 'n deksel of kleefplastiek. Sit toe bak onder 'n doek op 'n warm plek vir sowat 'n uur tot 'n uur en 'n half om te reis. Stap 5: Sodra lekker gereis, knie af vir sowat 2 minute en sit in die ge-oliede pot waarin jy die brood gaan gaarmaak. Stap 6: Terwyl brood vir 'n 2de keer reis, berei jou vuur voor. Bak brood op indirekte hitte soos in video verduidelik vir sowat 'n uur en sit kole-bo-op die deksel sowat 10-20 minute voor die einde. Hou brood gereeld dop en laat rus vir sowat 30 minute, sodra uit pot gehaal. #potbrood #kamp #buitelug