У нас вы можете посмотреть бесплатно NAMPO 2025 - Plaasmoorde - Muur v herinnering - Prof Andries Raath verduidelik probleem daaragter или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
PLAASMOORDE IN SUID-AFRIKA: DIE VERGETE OORLOG TEEN DIE BOER! WAT SIT AGTER DIT? Plaasmoorde is een van die mees grusame en doelgerigte vorme van geweldmisdaad. Die statistiek kan egter gebruik word om sekere afleidings te maak. Wanneer is daar toenames en wanneer is dit minder? In marmer by hierdie gedenkmuur by Nampo is die name van elke plaasmoord ingegraveer - dit is ’n leefwerklikheid van mense wat kos produseer, kinders grootmaak, en met oorgawe hulle lewens op die land bou. Hierdie doelgerigte misdade word dikwels uitgevoer met buitensporige wreedheid, en tref gesinne, werkers, kinders, bejaardes – almal sonder onderskeid. Tog sien ons ’n verskynsel wat byna meer skokkend as die geweld self is: die openlike ontkenning en afwysing daarvan deur die Suid-Afrikaanse regering, sommige joernaliste, en aktiviste. Waar ander geweldsmisdade tereg simpatie en ontsteltenis oproep, word plaasmoorde se slagoffers dikwels as leuenaars, rassiste of gronddiewe afgemaak - 'n vorm van morele regverdiging! Dis die enigste vorm van moord wat vanaf verhoë aangehits mag word - die boere het geen morele gronde vir hulle uitwissing nie. Hulle moet stilbly en net aanhou voedsel produseer! 🛑 Hoekom? Waarom word ’n bejaarde egpaar wat op hul plaas gemartel en vermoor word, nie as slagoffers erken nie – maar eerder as struikelblokke vir ’n "narratief"? Waarom word plaasaanvalle – ’n werklikheid bevestig deur polisieverslae, gemeenskapsorganisasies, en statistiek – gediskrediteer as ’n mitiese versinsel van boerepropaganda? 🛑 Hoekom wil die regering die definisie van 'n plaasmoord verander? Dis ’n morele kwessie. Die politieke aanslag veral oor plaasmoorde is 'n aanduiding dat ons vanaf politieke perspektiewe en ook op die hoofstroom media hul morele kompas verloor het – of het hulle dit weggegooi? Moet ons stilbly oor plaasmoorde – of erger nog, dit ontken – dit grens daaraan om geweld te verskoon en die slagoffer te verraai. 📣 Die optrede en kommentaar Dit gaan oor menswaardigheid. Oor regverdigheid. Oor of ons as ’n land bereid is om alle lewens as gelykwaardig te erken – of net dié wat inpas by die regte ideologie. Dit kan nie so aangaan nie! #boermedia #stopplaasmoorde #tlusa #landbou #nampo