У нас вы можете посмотреть бесплатно Die Ultieme Tuisgemaakte Karringmelk Beskuit - Stap-vir-Stap Resep или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Karringmelk Beskuit Niks klop die smaak van regte tuisgebakte Karringmelk Beskuit nie! In hierdie video wys ek jou stap-vir-stap hoe om die heerlikste, bros beskuit in jou eie kombuis te bak. Of dit nou saam met 'n koppie koffie vroeg in die oggend is, of 'n lekker koppie tee voor slaaptyd, hierdie beskuit is die perfekte bederf. Om dit self te bak is nie net baie goedkoper as om dit te koop nie, maar daardie heerlike reuk wat deur die huis trek terwyl dit oornag uitdroog, is genoeg om enige iemand se watertand te laat loop! Karringmelk Beskuit Resep; 8 koppies koekmeel 2 eetlepels bakpoeier 1 teelepel sout 1 ½ koppie bruinsuiker of witsuiker 250 g botter of margarien 2 koppies karringmelk (500 ml) 2 groot eiers 1 teelepel vanielje geursel Voorverhit jou oond na 180 grade. Smeer jou pan met margarien en sprinkel koekmeel oor en skud die oortollige koekmeel uit. Gooi al die droë bestanddele in 'n groot mengbak, koekmeel, suiker, sout, bakpoeier en klits dit deur met 'n draadklitser. Vryf dan die botter of margarien in met jou vingers in die koekmeelmengsel in totdat dit soos broodkrummels lyk. Klits dan apart die nat bestanddele met 'n draadklitser die karringmelk, vanielje geursel en die eiers. Voeg dit by die droë bestanddele en skrap alles goed uit en sorg dat jou karringmelk ook alles uitgeskud is. Meng dit goed deur met jou handjies en skep dit in jou voorbereide pan. Maak dit gelyk en bak in jou voorverhitte oond. Dit bak so 50 minute - 1 uur lank of bak tot toetspen skoon uitkom. Ek rooster myne bo ook 'n bietjie bruiner. Laat hom heeltemal afkoel. Keer hom dan uit en laat staan hom vir 3 - 4 ure voor jy hom sny. Sny in skywe en dan droog jy hom uit by amper 70 grade vir 8 - 10 ure. Lewer so 54 Beskuitjies. Geniet hom.