У нас вы можете посмотреть бесплатно VUL JOU TENK MET JESUS SE VREUGDEVOLLE WOORDE - 23 MAART 2025 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Welkom by LewenSentrum se Aanlyndiens, ons is by jy skakel vandag saam met ons in. Vir eenige vra kan jy ons op 011-867-7244 skakel of E-pos na [email protected] geniet die diens saam met ons. DATUM: 23 MAART 2025 (OGGEND) PREDIKER: PROF. STEPHAN JOUBERT TEMA: VUL JOU TENK MET JESUS SE VREUGDEVOLLE WOORDE TEKS: JOHANNES 15:1-12 (AFR83) Johannes 15:1-12 (AFR83) Die ware wingerdstok :1 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. :2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. :3 Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. :4 Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. :5 Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. :6 As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. :7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. :8 My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is. Julle moet mekaar liefhê. :9 Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. :10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. :11 Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. :12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.” • Vreugde is nie opsioneel nie. Dit is ‘n hemelse opdrag (Filippense 4:4). • Hoe kry ons deel aan hierdie hemelse vreugde? • Johannes 15:11 bied die antwoord: Hier is Jesus se vreugde-skeppers: A. Vers 1: Jesus is die wingerdstok en sy Vader is die Boer. Ons is die lote. Ons is die hemel se vrugdra-projek. B. Vers 3: Ons is reeds rein deur Jesus se woorde. C. Vers 4: Bly en bly! Ons bly in Hom en Hy in ons. D. Vers 5-6: Om voltyds te bly in Jesus lei tot baie vrug. E. Vers 7: Jesus se woorde moet ook in ons bly, dan ken ons die regte gebedswoorde. F. Vers 9: Jesus se liefde begelei ons in sy lewe van liefde in. G. Vers 10: Ons dra vrug deur God se gebooie te gehoorsaam. Ons leef in liefde teenoor God en mekaar. Vers 11 - Jesus het hierdie dinge vir ons vertel sodat Sy vreugde volkome in ons kan wees. Vul jou tenk hiermee. Glo dit! Leef dit!