У нас вы можете посмотреть бесплатно Is jy 'n Koster of 'n Profeet? или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
1 Samuel 3 11 Januarie 2026 Preekopname Ons sien hier hoe God in ’n tyd van geestelike duisternis weer met sy volk begin praat deur ’n jong seuntjie wat bereid was om te luister. Terwyl die volk en selfs die hoëpriester Eli doof geraak het vir die Here se stem, leef Samuel naby aan God en stel hy hom onvoorwaardelik oop vir die Woord van die Here met die eenvoudige gebed: “Praat maar, Here.” Só breek ’n nuwe era aan waarin God se stem weer gehoor word en lig die duisternis begin verdryf. Samuel se roeping beklemtoon dat God nie mense kies op grond van ouderdom of posisie nie, maar op grond van toewyding en bereidheid om te luister. Al was Samuel aanvanklik bang en huiwerig om gehoorsaam te wees, moes hy leer dat wegkruip en stilbly nie ’n opsie is vir iemand wat deur God geroep word nie. Gelowiges word opgeroep om aan die begin van ’n nuwe jaar, soos Samuel, tot stilstand te kom, naby aan die Here te leef, sy stem te hoor en gehoorsaam te wees, sodat God deur hulle ’n nuwe era van hoop, lig en geloof kan inlei in ’n donker wêreld