У нас вы можете посмотреть бесплатно Is Saterdag die Sewende Dag? или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
HOE KAN ONS VERSEKER WEET DAT SATERDAG DIE SEWENDE DAG IS? Ons kan kyk na al die Getroues, wat die sewende dag Shabbat bewaar het vir eeue, en ons kan vol vertroue wees dat die huidige Saterdag wél die sewende dag van die week is, op dieselfde siklus wat in plek is sedert die begin van die Skepping – ‘n siklus wat deur Elohim self gevestig en bevestig is. Die sewe-dae weeklikse siklus is nie gekoppel aan enige patroon of belyning met die son, maan, of sterre nie. Dit is ‘n onophoudelike reeks telling van dae, die een na die ander. Die Skrif verklaar aan ons dat hierdie siklus deur Elohim gevestig was. Kalenders wat in die Verenigde State gedruk word plaas Saterdag as die sewende dag van die week, maar in Europa en op ander plekke in die wêreld, word Sondag meestal aangedui as die sewende dag van die week. Hoe kan ons dus seker wees? Na die ses dae van die Skepping, het Elohim gerus op die sewende dag (Genesis 2:1-2). Sy einste daad van rus het die sewende dag geskep en tot stand gebring. Sedertien het die aftel van dae in groepe van sewes – met elke groep wat ‘n week genoem word en elke sewende dag wat aangewys is as ‘n dag van rus – ononderbroke voortgegaan tot en met ons tyd.