У нас вы можете посмотреть бесплатно SAARKIE - Outeniqua или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Outeniqua, Adèle Fouché van die rockgroep Saarkie se nuutste enkelsnit, is ʼn huldeblyk aan al die wonders van die Knysnabos. “Die bome van die Knysnabos verteenwoordig vir my asem, bewustheid en eenheid. Onder die grond is al die bome met mekaar verbind en kommunikeer met mekaar. As een boom swaar kry, kry al die bome eintlik swaar. Dit weerspieël die idee dat alles eintlik maar met mekaar verbind is,” Die Knysnabos, gevul met wonder en misterie, is die oorblyfsel van ʼn groot inheemse bos in die suide van Suid-Afrika. Met digbegroeide varings van meer as ʼn meter hoog, lê herinneringe van dae wat verby is daar verskuil, maar ook drome wat nog wag. Net soos die skuiling wat die bos bied, skuil daar ʼn terugblik na gister. Die liefde beloof om onbeperkte verborgenheid en troos te bied, soos die immergroen kombers van die Knysnabos. Maar vir baie is die liefde ʼn plek van verandering en ʼn gevoel van verlies. Dalene Matthee se Afrikaanse bosboeke met stories van boskappers en olifante het mense se verbeelding aangegryp en die Knysnabos bekend en beroemd gemaak. http://vevo.ly/6NXQDv