У нас вы можете посмотреть бесплатно 🎵 Onder Die Dek или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Onder Die Dek (deur Wynand Bezuidenhout) 📖 Oor die Lied: Dis n baie mooi lied hierdie. Luister hom hard met n kwaliteit klank toestel. My Oupa (Oupa Duimpie) het altyd vir my stories vertel toe ek ’n kind was — en hy het homself so in daardie stories ingeleef dat ek dit vandag nog kan sien as ek my oë toemaak. Hy het my vertel van die Boereoorlog, die Voortrekkers, hoe mense grootgeword het, van diere, masjiene, en al die klein dinge wat ’n mens se hart warm maak. Dit was vir my die lekkerste deel van kind-wees. En toe besluit ek: ek gaan daardie tradisie voortleef. Dis hoekom ek baie van my liedere skryf met ’n storie wat saamloop. Ek doen dit vir my kinders — maar as jy daarvan hou, doen ek dit vir jou ook… en vir jóú kinders. 🚢 Die Storie in hierdie video Hierdie storie speel af in 1895 op ’n stoomskip, die SS Outeniqua, wat hout van Knysna tot Kaapstad vervoer het. Om die skip te laai en daardie groot ou stoom-enjin aan die gang te hou, het beteken ons was soms tot vier weke op die water. Vier weke is ’n lang tyd om weg te wees van jou vrou af. Vir weke aaneen vat verlange jou oor. Jy werk in koue, nat omstandighede, jy stoei met ou hout, koperpype, skroewe en spykers, en jy moet keer dat die skip nie gaan staan of sink nie. En tussen daardie dreun van die golwe en die ruis van die grou ou hout… dink jy net aan een ding: haar. Soms speel dit met jou kop. Jy dagdroom te veel, jy sien dinge wat nie daar is nie. Dan leer jy: harde werk kry jou kop weer reg. En as daar nie werk is nie, maak jy self iets om jou hande besig te hou — want dis beter as om net te sit en verlang. Briewe skryf was ons twee se daaglikse ding. Na elke see reis het ons briewe uitgeruil en vir die volgende maand het ons altwee elke dag een brief oopgemaak en gelees. Dit het ons moet gegee. Dit het ons bymekaar gehou. En ek het altyd iets gemaak vir my vrou: iets klein, iets eenvoudig… iets wat haar aan my kan herinner — iets wat sy kan waardeer en by die huis kan gebruik. Tye was moeilik, mense was arm, en daar was nie altyd keuses nie. Jy het net aangehou — jaar na jaar — tot jy eendag jou laaste trip maak en jy uiteindelik weer huis toe kan gaan. Die jare daarna… toe ons uiteindelik saam is… was ons beste jare. 👨👩👧👦 Hoekom stories vir kinders belangrik is Stories hoef nie altyd 100% letterlik waar te wees om waardevol te wees nie. Stories is hoe ’n mens: moed leer, hoop kry, liefde onthou, verbeelding ontwikkel, en jou kop regkry wanneer die wêreld swaar raak. Dis presies hoekom ek hierdie lied en video gemaak het. 🔗 Luister meer: 👉 Playlist: • Lied van Masjiene en sien nog meer: • Plaaslewe en meer: • Wals van lewe, Wals van liefde. 👉 Channel: / @artisan-p7l 🎁 Nota: Ek skryf my liedjies nie vir roem nie — maar omdat ek dit geniet. Sommige sing ek self, ander skep ek met tegnologie. My doel is om ons stories, kultuur en lewenswysheid vas te vang — soos ’n dagboek vol herinneringe. 🎧 Skrywer, musiek & video: Wynand Bezuidenhout 🏷️ Hashtags: #OnderDieDek #OupaSeStories #AfrikaansMusiek #StorySong #Knysna #Kaapstad #Stoomskip #AfrikaanseStories #FamilySongs #SouthAfricanStories