У нас вы можете посмотреть бесплатно Voeg jou by die ware kerk; Hoor die Woord, vier die sakramente en onderwerp jouself aan die tug! или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Skriflesing 2 Timoteus 4v1-5; 1 Timoteus 5v17-20; Hebreers 10v23-25 Fokusvers 2 Timoteus 4v2; 1 Timoteus 5v20; Hebreers 10v25 Belydenis Skrif Nederlandse geloofsbelydenis Artikel 28 en 29 Liturg: Ds. Erasmus Venter Orrelis: Sr. Annelie Coetzee Klank: Sr. Charlene Venter en Sr. Yvonne Jv Vuuren Ons drie Skrifgedeeltes, n.l. 2 Timoteus 4:1-5, 1 Timoteus 5:17-20, en Hebreërs 10:23-25 vorm saam ’n helder beeld van die wese en roeping van die ware kerk volgens die Reformatoriese verstaan. In 2 Timoteus 4:1-5 beveel Paulus aan Timoteus om die Woord te verkondig, tydig en ontydig, en mense te vermaan, teregwys en bemoedig. Hy waarsku teen tye waarin mense nie die gesonde leer sal verdra nie, maar leraars sal kies wat sê wat hulle ore streel. Hier staan die suiwer verkondiging van die Woord sentraal, die eerste kenteken van die ware kerk: Suiwer Woord verkondiging! 1 Timoteus 5:17-20 handel oor die ampsdraers, veral ouderlinge wat goed regeer en moeite doen met die prediking en onderrig. Hulle moet tug indien hulle of lidmate sondig, en wel met regverdigheid en openheid. Hierdie gedeelte ondersteun die tweede kenteken: die regte bediening van die sakramente en kerklike tug. In Hebreërs 10:23-25 word gelowiges aangemoedig om vas te hou aan die belydenis van die hoop, mekaar aan te spoor tot liefde en goeie werke, en nie die samekomste te versaak nie. Dit vergestalt die derde kenteken: die gemeenskap van die gelowiges, wat in geloof, belydenis en liefde volhard. Saam vorm hierdie tekste ’n vierledige koor: Jy moet jouself toevoeg tot die ware kerk, en in die ware kerk moet jy die Woord suiwer hoor , die ouderlinge moet toesien dat die tug en sakramente bedien word. Só openbaar die ware kerk haarself. Hoor die Woord, vier die Sakramente en aanvaar die tug en vermaning!