У нас вы можете посмотреть бесплатно God roep mense terug na Hom toe en vul leë mense weer met sy Gees! Rut 1v6 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Skriflesing: Rut 1: 1-22 (1983 Afr. Vert.) Fokusvers: Rut 1: 6 (1983 Afr. Vert.) Preek tema: God vul en herstel leë mense, leef in dié geloofsvertroue daarvan. Liturg: Ds. Erasmus Venter Orrelis: Sr. Annelie Coetzee Klankspan: Sr. Charlene Venter en Sr. Yvonne Jansen van Vuuren Preekskets: Dit is die tyd van die jaar waar ons swaar “amps” begin trek. Dit is ‘n tyd waar ons almal ‘n bietjie meer moeg is as vroeër in die jaar. Teen die tyd van die jaar het elkeen van ons op een of ander manier en op een of ander tyd van ons lewe of in die jaar in ‘n doodloop straat, moeg of uitgeput, voel amper oor doelloos. Tye waar dit voel of alles net verkeerd kan loop, tye wat dit vir ons voel ons is alleen en dat daar geen uitweg uit hierdie situasie is nie. Selfs as ons net na die kalender jaar kyk. Kan alles net tot ‘n einde kom! Ek is leeg en moet en moedeloos. In die gedeelte wat ons vanoggend saam lees hoor ons hoe die Here ‘n bitter en leë weduwee uit haar bitterheid uithaal. Waar die lewe druk en dit veroorsaak dat sy moeg en moedeloos word. Dit is amper asof daar nie meer krag in haar oor is nie. Sy is amper op die punt om op te gee. Hierdie weduwee is seker deel van een van die bekendste verhale in die Skrif. Ons hoor hoe daar ‘n wonderlike troos is, dat die Here haar teruggebring het en haar weer volmaak met sy voorsiening en genade. Daarom weet God maak leë mense weer vol en daarom kan ons lewe in oorvloedig geloofsvertroue.