У нас вы можете посмотреть бесплатно Boesmanstories: Danser Vuurman se Kop is die Son или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Soos julle kan sien het ek reeds voorheen die Engelse weergawe van hierdie besonderse Sterstories op my YouTube kanaal gelaai, maar nou is dit ook in Afrikaans, die taal waarin dit oorspronklik meer as ’n eeu gelede gepubliseer is deur Gideon Retief von Wielligh. Die Afrikaanse vertellings was in die RSG se Sterre en Planete program van 21 Desember 2025 uitgesaai om saam te val met die Afrikaans-100 vieringe, aangesien von Wielligh betrokke was by beide die eerste- en die twee taalbewegings. Sien: https://omny.fm/shows/sterre-en-plane... GR von Wielligh was in die Paarl gebore in 1895 en oorlede in 1932. Sy pa was ’n sogenaamde “togryer” en hy het as kind dikwels saam met hom transportreise meegemaak na Namakwaland, Boesmanland en die Hantam. Hy kon die Boesmantaal praat en het saans, rondom die kampvuur, hom dan verluister aan hulle wonderlike vertellings. Jare later open hy ‘n landmeterskantoor in Calvinia en begin in alle erns stories te versamel. Tussen 1919 en 1921 publiseer hy “Boesmanstories” in vier volumes met sowat 60 stories in totaal, waarvan ongeveer 10% ’n sterrekundige inslag het. Sy hoofrede vir die boekies was om hierdie unieke stories te bewaar, maar ook om mense se belangstelling te prikkel en hulle aan te moedig om te lees in hierdie, tóé nog nuwe, jong taal. Boek Een handel oor Mitologie en Legendes, en bevat die meeste van die sterstories. Om die stories te illustreer, het Carol Botha en Martin Kilkenney die tonele vir ons uitgebeeld as Boesmantekeninge, en om te help voorlees, is Alma le Roux van De Kelders, naby Gansbaai, se hulp ingeroep.