У нас вы можете посмотреть бесплатно Rendez-vous - 75 Kinders Skoolorkes Van Die Laerskool Theo Wassenaar olv Piet Van Heerden или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die skoolorkes van die Laerskool Theo Wassenaar is gestig op die 5-de Junie 1967. Binne twee weke daarna, op 16 Junie 1967, het hulle hul eerste publieke vertoning gelewer. Die orkes het begin met 50 lede en gou gegroei tot 75 lede. Die skool was van die begin af geseënd met jong musikante, wat geduldig moes wag tot genoegsame instrumente beskikbaar was. Die orkes het gou naam gemaak en was gedurende Augustus 1967 reeds gehoor op radio in die S.A.U.K se gewilde program Ateljee ’67. In September diè jaar verower hulle ‘n Spesiale Diploma tydens die Afrikaanse Kunsvereniging se jaarlikse beoordeling. Die toekenning was net uitgereik aan deelnemers wat 95% of meer behaal het. Die stigter en stukrag agter die orkes was hul onderwyser en bekende musikant Piet van Heerden. Die orkesleidster op klavier was met hul stigting die 10-jarige Alta van Lille. Die doel van die orkes was om meer belangstelling in musiek te kweek by die jong kinders, en dit moes terselfdertyd ook dien as teenvoeter vir die “ongesonde” wending wat jeugmusiek op daai stadium geneem het. Die kinders kon ook hierdeur musiekinstrumente leer speel, en sodoende die meer gevorderde musiek leer waardeer. In 1968 het hulle hul debuut plaatopname gemaak onder leiding van Piet van Heerden en die gesoute span van Brigadiers-plate. Die ses gekose snitte, insluitende klassieke-, ligte klassieke- en ou bekende volksliedere, is toe uitgereik op ‘n verlengde kortspeler (BR/ECP 109). Die besonderse plaatjie het ook baie goed verkoop tydens hul optredes, en meeste van die geld is terug geploeg vir gebruik deur die orkes. Die snitte op die plaatjie is soos volg: Kant A: 01. Rendez-vous (Wilhelm Aletter) 02. Bootjie Na Kammaland (Eitemal, C.M. Von Weber) 03. Keurspel: Pollie Ons Gaan Pêrel Toe, Daar Kom Die Wa, Ver In Die Wêreld Kittie (Tradisioneel) Kant B: 01. Keurspel: Johan Strauss - Rose Uit Die Suide, Die Blou Danou (Johann Strauss II) 02. Kaapse Draai (Danie Bosman) 03. Koekoek-wals (Johan Emanuel Jonasson) Laerskool Theo Wassenaar is amptelik op 01 Mei 1954 geopen en word dus vanjaar 72 jaar oud. Dit is vernoem na Dr. Theo Wassenaar, 'n Afrikaanse digter en fisioloog, en die skool is destyds begin om die Afrikaanse gemeenskap te dien, wat die omgewing van die skool omvat het. In 2003 het die skool 'n dubbelmediumskool geword. In 2018 het die skool sy laaste Afrikaanse huistaalklas gehad en is sedertdien ‘n volledige Engelse skool. Die skool is in 'n stedelike gebied geleë naby die bekende Gold Reef City in Johannesburg.