У нас вы можете посмотреть бесплатно Sondagoggend, 22 Maart 2020 | Hoe om te vas или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Dankie dat jy inskakel by ons live stream diens. VOLG ONS OP ONS SOSIALE PLATVORME: Facebook: / www.kg.org.za Instagram: / kompasgemeente JY KAN KONTAK MAAK DEUR: Marius Malan: 082 804 0436 / marius@kg.org.za Riaan Pelser: 082 775 7147 / riaan@kg.org.za Cliff Stopford: 082 820 8448 / cliff@kg.org.za PREEKNOTA: 1. Wat is die beginsel van vas? Matteus 9:14-15 (NLV) 14 By geleentheid het die dissipels van Johannes die Doper na Jesus toe gekom en Hom gevra: ”Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?” 15 Jesus het geantwoord: ”Dit is tog ondenkbaar dat die bruilofsgaste sal treur solank die bruidegom nog saam met hulle feesvier! Daar kom egter ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dán sal hulle vas.” a) Dit is 'n Bybelse beginsel b) Dit is 'n geestelike oefening vir jou vlees c) Dit is 'n beginsel wat nie van gebed geskei moet word nie Matteus 6:5 (NLV) 5 ”En nou wat die gebed betref: Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.” Matteus 6:16 (NLV) 16 ”Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges ’n martelaarshouding aanneem nie. Hulle loop met lang gesigte rond sodat die mense duidelik kan sien dat hulle vas. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.” 2. Wat is vas níé? 3. Waarvoor kan ek vas? a) Om dankie te sê b) Persoonlike sake 1 Konings 21:27-29 (NLV) 27 Toe Agab hierdie boodskap hoor, het hy sy klere geskeur, rouklere aangetrek en gevas. Hy het selfs in ’n roukleed geslaap en neerslagtig rondgeloop. 28 Die HERE het weer ’n boodskap vir Elia die Tisbiet gegee: 29 ”Het jy opgelet dat Agab homself voor My verneder het? Omdat hy dit gedoen het, sal Ek die ramp nie gedurende sy lewe laat gebeur nie. Ek sal eers tydens die regering van sy seun die ramp oor sy familie bring.” c) Geestelike groei Markus 2:19-22 (NLV) 19 Jesus het hulle geantwoord: ”Dis tog ondenkbaar dat die bruilofsgaste sal vas terwyl die bruidegom nog saam met hulle feesvier! Hulle kan nie vas solank hulle die bruidegom by hulle het nie. 20 Maar daar kom ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dán sal hulle vas. 21 Niemand sal tog ’n ou kledingstuk met ’n stuk nuwe, ongekrimpte materiaal lap nie. Die nuwe materiaal gaan immers krimp en losskeur en ’n nog groter gat agterlaat. 22 Net so min gooi ’n mens nuwe wyn in ou leersakke. Doen jy dit tog, gaan die wyn die sakke laat skeur en die wyn sowel as die sakke sal daarmee heen wees. Nee, nuwe wyn hoort in nuwe sakke!” d) Land en mense Ester 4:12-16 (NLV) 12 Ester se woorde is aan Mordegai oorgedra. 13 Mordegai het haar laat weet: ”Moenie vir een oomblik dink dat jy daar in die koning se paleis gaan vrykom van die lot van die ander Jode nie. 14 As jy in hierdie tyd gaan stilbly, gaan uitkoms en redding vir die Jode van ’n ander plek af kom. Jy en jou mense sal dan uitgewis word. Wie weet of dit nie miskien juis met die oog op ’n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!” 15 Ester het hom geantwoord: 16 ”Gaan maak al die Jode wat jy in Susan kan kry bymekaar. Vas ter wille van my. Vir drie dae lank moet julle dag en nag niks eet of drink nie. Ek en my diensmeisies sal ook vas. Al is dit in stryd met die wette sal ek na die koning toe gaan. As ek dan daarvoor moet sterf, moet ek maar sterf.” e) Die Kerk en verlorenes 4. Hoe kan ek vas? Die Bybel praat van vier maniere van vas: a) Volle vas = Eet of drink niks (bv. Paulus - Handelinge 9:9) b) Gewone vas = Drink net water (bv. Jesus - Matteus 4:2) c) Gedeeltelike vas = Eet net groente (bv. Daniël - Daniël 10:2-3) d) Seksuele vas = Geen seks (1 Korintiërs 7:3-6) e) Moderne vas = Media, tegnologie, luuksheid, sport, ens. 5. Waar gaan jy begin? Markus 9:29 (AFR53) Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie. Gemeente Vasdag, Woensdag 25 Maart 2020