У нас вы можете посмотреть бесплатно Optel en Aftrek van Gewone Breuke или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Wanneer jy twee derdes van ‘n pizza eet en jou vriend eet drie kwarte (drie vierdes) van sy pizza wat net so groot soos joune is, hoeveel het julle altesaam geëet? Om dit uit te werk moet ons eers die KGN (kleinste gemene noemer) van die derdes en die kwarte bepaal. Die KGN daarvan is 12. Deur van ekwivalente breuke gebruik te maak, verander ons die twee derdes na agt twaalfdes wanneer ons beide die teller en die noemer met 4 maal. Volg dieselfde stappe en verander die drie kwarte van jou vriend se pizza na nege twaalfdes deur weereens beide die teller en die noemer met 3 te maal. In totaal is daar dan 17 twaalfdes. Verander die onegte breuk na ‘n gemengde getal van 1 en 5 twaalfdes. Om te bereken hoeveel pizza nog nie geëet is nie, moet ons die 1 en 5 twaalfdes aftrek van die oorspronklike 2 pizzas. Moenie vergeet dat jy die 2 pizzas kan verander na 1 pizza en 12 twaalfdes pizza. Nou kan jy sonder moeite die 1 en 5 twaalfdes daarvan aftrek om ‘n antwoord van 7 twaalfdes te kry. Onthou asseblief dat wanneer jy breuke optel of aftrek, die noemers altyd dieselfde moet wees. Hierdie video is ook beskikbaar in Engels. Klik hier om dit te kyk: • Addition and Subtraction of Common Fractions This video is also available in English. Click here to watch it: • Addition and Subtraction of Common Fractions Hoofstukke: 0:00 Inleiding en voorbeeld 1: 2/3 + 3/4 3:37 Voorbeeld 2: 5/6 - 3/5 4:44 Verdere verduideliking van die KGN 5:14 Voorbeeld 3: 1 en 5/8 + 1/3 - 5/12 9:12 Voorbeeld 4: 5 en 1/10 - 3 en 1/5 #lindalehanie #classroomeducationonline