У нас вы можете посмотреть бесплатно Ons sal SA verdedig maar nié die ANC | Feit of versinsel | Episode 1 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die Solidariteit Beweging het vanjaar onder herhaaldelike beskuldigings van disinformasie, verdeling, rassisme, uitsluiting en onpatriotisme deurgeloop na afloop van hul besoek aan die VSA in Februarie. Met die tweede besoek vir die jaar om die draai, steek dié beskuldigings weer kop uit. Dit is egter nie die eerste keer wat die Solidariteit Beweging onder kritiek, verdenking en skeptisisme deurloop nie. Talle mense het baie vrae oor dié groot instelling, sy idees, sy leiers en sy besluite. In hierdie podsendingreeks “Feit of versinsels: Vra vir Flip” gaan Christel Cornelissen met die hoof en stigterslid van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, praat oor die grootste vrae, versinsels en feitefoute wat bestaan oor dié groot Afrikaner-beweging. Waarvoor staan hulle regtig, hoekom doen hulle wat hulle doen en wat wil hulle uiteindelik bereik? Een van die groot aanklagtes teen die Solidariteit Beweging na afloop van julle besoek aan die VSA in Februarie, was dat die besoek én dit wat julle daar gaan sê het onpatrioties was. Nou is nog ’n afvaardiging weer op pad na die VSA – wat beteken dié tipe beskuldigings is terug. In die eerste episode van Feit of versinsel vra ons – is die Beweging onpatrioties teenoor Suid-Afrika? #MaroelaMedia #FeitOfVersinsel #FlipBuys