У нас вы можете посмотреть бесплатно Clementine - Tommy Tiger's Bubble Gum Boys или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die snit is vanaf die album "Bubble Gum Party With Tommy Tiger's Bubble Gum Boys", uitgegee in 1969 deur Beech-Nut Life Savers. Dis gekomponeer deur Percy Montrose en Henry S. Thompson, en oorspronklik opgeneem deur die Amerikaners Floyd Thompson & His Hometowners in 1928. TOMMY TIGER’S BUBBLE GUM BOYS Die groep, o.l.v. die legendariese plateregisseur en baskitaarmeester Clive Calder, was as ‘n slegs ateljeeprojek geskep met die uitsluitlike doel om promosieplate op te neem vir die destydse maatskappy Beech-Nut Live Savers Ltd., wie se hoofkantoor in Dundee, Natal, was. Die maatskappy se drie hoofprodukte was die lekkernye Tommy Tiger’s Bubblegum, Kilty’s Tiger Toffee Rolls en Beech-Nut Life Savers. Die groep kon ook juis met diè produkte lekker munt slaan uit die baie gewilde "bubblegum-pop-gier”, wat toe behoorlik geheers het. Onder die bekwame hande van diè gesoute musiekvervaardiger Clive Calder, wat sommer ses spesiale treffers gekomponeer het vir die groep, was die plaatuitreikings baie gesog onder die publiek en het soos soetkoek (of sal ek eerder sê soos “sweets”) verkoop. Sover bekend het hulle slegs een langspeler, 2 solus-sewes en ‘n “medley” vir ‘n LM Radio kompilasie-album opgeneem. Behalwe vir hul puik oorspronklike liedjies, het die groep ook van die dag se grootste Wêreldwye bubblegum-treffers opgeneem, insluitende die 1910 Fruitgum Co. se “Simon Says” en “Indian Giver”; Tommy Roe se “Dizzy”; die Archies se “Sugar Sugar”; Ohio Express se “Mercy” en Crazy Elephant se “Gimme Gimme Good Lovin’”. Hulle het ook ons eie Dickie Loader se “Young Love Can Hurt” en Clive se eie Calder’s Collection se “Tell Mary” en “Sally Anne” afgestof, en die ou Amerikaanse tradisionele “Clementine” weer nuwe lewe gegee! Hedendaagse versamelaars beskou die Bubblegum Boys se plate as ware Suid-Afrikaanse musiekgoud, en dit het beslis bygedra tot ons destydse florende popmusiekmark. Op hul enigste Afrikaanse snit, Tommy Se Lekker Lekker Muskusliedjie, word die groep gekrediteer as Tommy Tier En Sy Borrelgommaats. Hul 1969 langspeler was eers oospronklik uitgereik onder die Beech-Nut Lifesavers-etiket, en later die jaar weer heruitgereik deur EMI Parlophone. Die plaatomslag was net so behou, met slegs die etiket wat vervang is deur die van EMI Parlophone. Clive Calder het ‘n reuse bydrae gelewer tot ons plaaslike popmusiek en was o.a. lid van die groepe The Furies, The Four Dukes, The Electric Circus, The In-Crowd, Calder’s Collection en The Outlet. Hy het ook verskeie treffers gekomponeer en vir baie van ons ander sterre as regisseur opgetree. Clive Ian Calder is gebore op 13 Desember 1946 in Johannesburg, en emigreer in 1975 na Londen in Engeland. Hy is ‘n baie suksesvolle besigheidsman en woon tans in die Kaaimanseilande en is 78 jaar oud. In Mei 2020 het die ELMA Groep, wat deur hom gestig is, en kindergesondheid- en onderwysinisiatiewe regoor die Wêreld ondersteun, ongeveer 26 miljoen dollar beskikbaar gestel om die koronavirus in Suid-Afrika, sy geboorteland, te bestry.