У нас вы можете посмотреть бесплатно Alles onder een kombers - Andries Enslin, 5 Augustus 2018 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
ALLES ONDER EEN KOMBERS WINTERRITME REEKS WAT IS ALLES ONDER DIE KOMBERS VAN CHRISTENSKAP? Alles, of niks, of net geestelike goed? IN GOD SE TEMPEL WAS ALLES BELANGRIK Uiteindelik was alles klaar vir die tent waar God sy volk sou ontmoet. Die Israeliete het elke ding net so gemaak soos die Here dit vir Moses gesê het. Hulle het alles van die tent gebring sodat Moses daarna kon kyk. Daar was die tent met alles wat daarby hoort, sy hakies en sy panele en dwarslatte, die pale met hulle voetstukke, die boonste laag vir die dak van gelooide ramsvel en van gebreide vel, die gordyn om die tent in twee te deel, die ark vir die bewys van die ooreenkoms met die drahoute waaraan dit gedra moes word en die deksel wat bo-op kom, die tafel met alles wat daarby hoort en die brood wat daarop kom, die ligstaander van soliede goud met sy lampies en alles wat daarby gaan en die olie wat daarin gebruik moes word, die goue altaartjie, die salfolie om die priester te bevestig, die spesiaal vervaardigde wierook vir die altaar, die gordyn wat voor die ingang na die tent moes hang, die koperbeslaande altaar vir die brandoffers met sy koperrooster en drahoute en bybehore, die waskom waar die priesters hulleself moes was en sy voetstuk, die materiaal om rondom die binnehof te hang met sy regop pale en hulle voetstukke, die gordyn by die ingang na die binnehof, die toue en penne om die tent en die muur om die binnehof te anker, al die gereedskap wat nodig was vir die tent, die klere wat die priesters moes aantrek om in die tent hulle werk te doen en die klere vir Aäron en vir sy seuns. Al hierdie dinge het die Israeliete presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het dit moes lyk. Moses het deeglik na alles gekyk en gesien dat alles presies net so was soos die Here dit wou hê. Hy het toe gebid dat die Here almal wat die tabernakel gebou het, voorspoedig sal maak. Eksodus 39:32-43 (DB) WAT HET DIE TEMPEL VAN DIE OU TESTAMENT MET JOU LEWE TE DOEN? Julle besef natuurlik dat julle die plek is waar God op ’n baie spesiale manier teenwoordig is, soos in ’n tempel. God se Gees bly mos in julle soos iemand in ’n huis bly. As iemand God se tempel skade aandoen, sal hy met God self te doen kry. En dit gaan nie lekker wees nie, want God se tempel behoort aan Hom. Dit is Syne en net Syne. Julle is daardie tempel van God. 1 Korintiërs 3:16-17 (DB) ALLES WAT JY DOEN HET WAARDE Laat ek dit so stel: alles wat julle doen, of julle nou iets eet of drink, moet julle doen sodat mense kan raaksien hoe belangrik God is. 1 Korintiërs 10:31 (DB) Onthou, nie een van ons leef of sterf vir onsself nie. Nee, ons almal staan in voltydse diens van die Here. Daarom moet ons voluit vir Hom leef en doodgaan. Letterlik alles wat ons doen, moet tot eer van die Here gedoen word, want ons behoort aan Hom. Dit geld terwyl ons nou nog lewe, maar ook later wanneer ons doodgaan. Romeine 14:7-8 (DB) JY HET JOUSELF LIEF, AS JY GOD SE WYSHEID IN JOU HELE LEWE TOEPAS Jesus se boodskap moet in julle lewe wees wat ’n bouplan vir ’n bouer is. Dit moet die plan wees vir alles wat julle doen. Daarom moet julle nie tevrede wees voordat julle alles weet wat Jesus vir julle wil sê nie. Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand ’n fout maak, help hom reg. Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God dankie. Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee. Kolossense 3:16-17 (DB)