У нас вы можете посмотреть бесплатно 3. Lewe en Dood | Om Hemel en aarde Te verenig или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die Woord in Diepte met Regardt en Ayleen Stander “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” (Filippense 1:21). aar word dikwels aan ons gesê dat die dood maar net deel van die lewe is. Dit is ‘n leuen. Die dood is die teenoorgestelde van lewe, die vyand van lewe. Die dood was net so min deel van die lewe as wat ‘n motor bedoel was om ‘n wrak te word. Paulus sê nadruklik dat Christus gesterf het “sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was” (Hebreërs 2:14, 15). Alhoewel hy gereed was om vir Christus te sterf, het Paulus positief oor sy langtermyn lot gevoel. Die belangrikste vir hom was om intussen deur sy lewe of sy dood Christus te verheerlik en die evangelie aan soveel mense as moontlik te bring. Dalk is dit een rede vir die baie sendbriewe wat deur hom geskrywe was. Deur sy geskrifte kon hy baie mense en plekke bereik het wat ook daardie plekke ingesluit het wat hy nooit kon besoek het nie. Die lewe is kort, en dit is van die allerhoogste belang om die grootste impak moontlik vir God se koninkryk te maak gedurende die jare wat God aan ons toestaan. Om “eensgesind te wees” en eensgesindheid aan te moedig, speel ‘n belangrike rol. Soos ons aan die begin van hierdie week sal sien, was hierdie vir Paulus ‘n belangrike rede om aan die Filippense te skryf. As u hierdie uitsending van die Woord in Diepte geniet het deel dit met iemand of los kommentaar om ons te laat weet.