У нас вы можете посмотреть бесплатно Die Woord: My bron van lewe или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die Woord: My bron van lewe: Tekste gebruik • Spreuke 1: 7 • 2 Timoteus 3: 16 – 17 • Matteus 7: 16 – 17 • Eksodus 15: 26 – 27 • 3 Johannes 1: 2 • Genesis 1: 29 • Genesis 9: 3 – 4 • Lukas 12: 15 • Spreuke 23: 19 – 21 • 1 Korintiërs 6: 19 – 20 Wysheid begin by ontsag vir die Here en hierdie wysheid ontvang ons uit die Woord van God. Die Bybel is nie net ’n geestelike boek nie, maar ’n volledige bron van lewe wat tot ons gees, siel én liggaam spreek. Dit leer ons nie alleen wie God is en hoe ons die ewige lewe ontvang nie, maar ook hoe ons die lewe hier en nou moet leef – hoe ons verhoudings hanteer, emosioneel gesond bly, rus, eet en na ons liggame omsien. Daarom is die Woord werklik ons bron van lewe. God se Woord gee riglyne vir ’n lewenstyl wat Hom eer en wat ons fisies beskerm. Van die begin af het God gesondheid beginsels aan Sy volk gegee, veral toe Israel in die woestyn was, sodat hulle anders sou leef as die volke rondom hulle. Hierdie beginsels het nie net geestelike betekenis gehad nie, maar ook praktiese waarde vir fisiese gesondheid. Deur hul leefwyse moes Israel wys hoe ’n volk lyk wat aan God toegewy is – ’n waarheid wat vandag steeds geld vir gelowiges. Die Bybel leer ons dat ’n mens aan sy vrug geken word, en ons lewenstyl is een van die duidelikste sigbare vrugte van ons verhouding met God. Siekte is deel van die wêreld se gebrokenheid, maar baie fisiese uitdagings is ook die gevolg van onwyse leefgewoontes. God straf nie Sy kinders met siekte nie, maar roep ons tot gehoorsaamheid wat lewe en gesondheid bevorder. Hy is die Here wat gesond maak en wat ons lei na ’n “Elim”-lewe: ’n plek van rus, vars water en gesonde voorsiening te midde van ’n moeilike wêreld. Uiteindelik herinner die Skrif ons dat ons liggame die tempel van die Heilige Gees is. Ons behoort nie aan onsself nie, maar is duur gekoop. Daarom word ons geroep om God ook met ons liggame te verheerlik – deur wys te leef, matigheid te beoefen en doelbewus te kies vir ’n lewenstyl wat Sy Naam eer. Amen