У нас вы можете посмотреть бесплатно Gebakte Oreo Poeding Hemel! 🇿🇦 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Gebakte Oreo Poeding As jy op soek is na die ultieme maklike en dekadente nagereg, soek dan nie verder nie! Vandag bak ons 'n hemelse Gebakte Oreo Poeding—'n resep wat jou kombuis met 'n onweerstaanbare, soet aroma gaan vul terwyl dit bak. Hierdie poeding is ongelooflik eenvoudig om te maak, gebruik net 'n paar bestanddele, en is die perfekte manier om 'n groot, indrukwekkende bederf vir min geld op die tafel te sit. Wat is so Spesiaal aan hierdie Poeding? Tekstuur & Geur: Dit is 'n sagte, klam poeding wat smelt-in-jou-mond lekker is, met Oreo dwarsdeur. Bediening: Ek wys jou hoe lekker dit is saam met warm of koue vla (custard)is, dit is heerlik saam met room of vanilla roomys en vla by. Dis 'n showstopper vir enige etepartytjie. Groot Waarde: Dit is 'n wen-wen, want hierdie poeding is super begroting-vriendelik en maak 'n groot Pyrex Bak wat almal sal geniet. Kyk hoe ek jou stap-vir-stap wys hoe om hierdie maklike en heerlike poeding te maak! Die resep is hieronder beskikbaar. Teken In (Subscribe) en Like hierdie video as jy ook dink daar is nie iets soos te veel Oreo's nie! Gebakte Oreo Poeding Resep: 10 Oreo Koekies, Grof Gebreek (Eet 2 Koekies) 1 koppie koekmeel 2 eetlepels kakao poeier ¼ teelepel sout ¾ koppie wit suiker 2 teelepels bakpoeier 2 eetlepels gesmelte margarien/botter ½ koppie melk, ekstra 1 teelepel vanielje geursel Sif koekmeel, bakpoeier en sout. Voeg suiker by en klits deur met 'n draadklitser. Meng dan die nat bestandele apart. Klits die gesmelte botter, melk en vanielje geursel en gooi dit by die droe bestandele. Gooi bietjie vir bietjie melk by tot jou deeg bietjie meer loperig is. Seker so 1 koppie melk. Spuit Pyrex Bak of tertbak met kos sproei. Skep deeg uit en maak gelyk. Sprinkel Oreo's eweredig oor. Gooi warm stroop stadig bo-oor. Bak in voorverhitte oond by 190 grade vir 30 - 35 minute. Geniet saam met Roomys en Vla of Ingedampte melk. Stroop; 1 ½ koppie kookwater ½ koppie bruinsuiker 2 eetlepels kakao poeier Gooi alles in souspot en laat kook. Gooi stadig eweredig oor rou poeding.