У нас вы можете посмотреть бесплатно Gesoek: 'n Man om in die bres te tree! Geloftediens Ds Gustav Opperman Eseg 22 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Wat help dit ons om ‘n gewapende buurtwaglid in elke bres te hê? Wat help dit ons om ‘n goed geboude stadsmuur te hê om die wilde heidendom daar buite te hou, maar die poorte en gate in ons geestelike muur gaap wawyd oop? Kyk na jouself en jou eie huis! Kyk na jou kerkhuis, as jy nog een het. Geloftediens Esegiël 22, ds Gustav Opperman GK Matlabas. Besoek ons YouTube-kanaal , Woorde uit sy Woning vir nog Geloftevideo's. Sien playlist:Gelofte. Ons Openbaring Bybelstudievideo van vandag is verskuif na Vrydag, 18/12 agv Geloftedag. Soos elke jaar herdenk ons vandag weer die gelofte van Bloedrivier 1838 ... seker die belangrikste gebeurtenis in ons volk se geskiedenis. Ek wil die geleentheid hierdie jaar bietjie anders benader ... nie as volksgeskiedenis nie, maar as kerkgeskiedenis. Kerkgeskiedenis, want dit was hoe die Voortrekkers hulself gesien het ... nie as ‘n volk op trek nie maar as ‘n gemeente op trek. Dis ook hoe die prediker in hulle geledere, Erasmus Smit die trek in sy dagboek beskryf het: Een reisende gereformeerde gemeente na Port Natal in de woestyn ‘n Gereformeerde gemeente in die woestyn ... nie ‘n bende avonturiers nie, nie ‘n groep Europese koloniste nie, maar ‘n geloofsgemeenskap. ‘n Verbondsgemeenskap met ‘n gereformeerde belydenis op reis na ‘n land ‘n land wat heilig moes wees ... Die swak plekke in hierdie walaer was tussen en onder die waens, daar waar die heidene kon deurbreek. Dis daar waar die manne stelling in moes neem. Dis daar waar die manne in die bres moes staan en keer dat niks ... niks en niemand die gemeentelike laer binnedring nie, keer dat geen onheilige ooit hulle kosbare Bybels in die modder sal vertrap nie. Les bes, die nodigste van alles was dat daar geloofstryders moes wees manne wat die geestelike bres moes beman, manne van gebed wat vir die gemeente by God kon intree ... manne soos Sarel Celliers en die ander ouderlinge. Drie maal in Esegiël 22 lê die HERE die volksleiers en die kerklike ampsdraers ten laste dat hulle aan bloedvergieting aandadig is. Nog een maal word hulle bloedskuld vermeld Kwaadsprekers was daar in Jerusalem om bloed te vergiet. Bloed te vergiet en siele om te bring ... hulle sameswerings, hulle sinodebesluite maak dat die Satan wat rondloop soos ‘n brullende leeu dat hy mense siele verslind. In die derde hoofstuk van Esegiël se professie sweer die HERE sy geroepe profeet die dood voor die oë Mensekind, sê Hy Ek het jou, Esegiël as wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe ... en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar ... maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Bron: Esegiël 22: Teks: Esegiël 22: 30: Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land. Geloftedag: Gesoek - 'n Man om in die bres te tree. Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas 2019 12 16 Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by ons internetbediening! Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning 1) Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. 2) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake. Kontak ons: [email protected] 3) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in! 4) Ons gemeente is 102 jaar oud. Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor. Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer. Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op [email protected] Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak: Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: [email protected] Ons sal u graag wil bedank. Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Ps 65 & Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za [email protected] Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers