У нас вы можете посмотреть бесплатно Sê totsiens vir flops! Die ENIGSTE Gemmer Pot Poeding-resep wat jy nodig het! или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Flop-Vrye Gemmer Pot Poeding Hallo almal! Welkom by Affordable Eats, waar ons bewys dat die beste kos nie duur hoef te wees nie. Vandag deel ek my resep vir die ultieme Gemmer Pot Poeding! Hierdie resep is flop-vry—jy kan dit nie verbrou nie, selfs al is jy 'n beginner in die kombuis. Hierdie poeding word stadig in 'n heerlike, ryk gemmerstroop gekook, wat verseker dat elke happie ongelooflik sag en klam is. Die kombuis ruik absoluut hemels terwyl dit kook! Dit is die perfekte, warm nagereg vir 'n koue aand, of sommer net wanneer jy lus is vir iets wat jou siel voed. Kyk die video vir die volle stap-vir-stap-metode! Wat maak hierdie poeding so spesiaal? Flop-Vry: Die maklikste resep wat jy ooit sal volg. Ruik Lekker: Die gemmer en stroop kombinasie vul jou huis met 'n onweerstaanbare aroma. Super Sag: Kook in die stroop verseker dit bly ongelooflik sag en klam. Onthou om te Subscribe vir nog heerlike, bekostigbare resepte! Gemmer Pot Poeding: Deeg; 3 koppies koekmeel 1 koppie melk, aangemaak met 4 gelykte teelepels koeksoda, klits goed 1 teelepel sout 2 opgehoopte teelepels kaneel 2 opgehoopte teelepels gemmer 1 koppie Appelkooskonfyt 200 g margarien/botter Gooi margarien of botter en Appelkooskonfyt in kastrol. Laat kook tot die Appelkooskonfyt heeltemal opgelos het. Haal van plaat af. Meng die koekmeel met melk en klits goed en voeg dit by die botter mengsel en meng deur. Voeg die sout, kaneel, gemmer en koekmeel by. Roer goed deur met 'n houtlepel. Stroop; 8 koppies warm water 2 koppies wit suiker/bruin suiker, nes jy verkies 2 opgehoopte teelepels kaneel 2 opgehoopte teelepels gemmer Gooi alles in 'n kastrol net roer net in begin. Sodra kook sit plaat op no. 3 medium hitte. Skep lepelsvol deeg in kokende stroop, maar nie bo-op mekaar. Plaas dadelik die deksel op en laat hom kook vir 30 minute. Moet nie die deksel op lig nie, anders gaan hy toe vou. Bedien saam met vanilla roomys, vla, styfgeklopte room of even al 3. Hy is lekker ook saam met Ingedampte melk. Laat weet hoe hy proe en geniet hom julle.