У нас вы можете посмотреть бесплатно Trauma uit die kinderjare binne die konteks van verslawing - Prof Wentzel Coetzer или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die effek van kinderjare trauma kan emosioneel, fisies en geestelik verwoestend wees. Die navorsing het oortuigend aangetoon dat veral liggaamlike probleme een van die aftakelende gevolge in die langtermyn kan wees. In hierdie verband het die ondersoekende joernalis, Donna Jackson Nakazawa, wat reeds verskeie toekennings vir haar navorsing ontvang het, ʼn insiggewende boek geskryf met die titel, Childhood disrupted. How your biography becomes your biology, and how you can heal. Haar basiese vertrekpunt is haar eie traumatiese kinderjare na die skielike afsterwe van haar pa toe sy 12 jaar oud was, met uiteindelik oorweldigende liggaamlike probleme tot laat in haar volwasse jare. Wanneer sodanige kinderjare trauma ook nog gekoppel sou wees aan die verslawing van een of beide ouers, dan het die emosionele lading vir so ʼn kind oorweldigend geraak. In hierdie verband word daar veral ook gelet op die boek van Claudia Black, It will never happen to me. Growing up with addiction as youngsters, adolescents, and adults. Ook in haar geval is haar basiese vertrekpunt die feit dat sy self binne ʼn milieu van verslawing opgegroei het. As outeur van verskeie boeke het sy ook uiteindelik internasionaal bekend geraak as terapeut en dosent, met haar spesialisasie op die terreine van die gesinsisteem en verslawende versteurings. Belangrike perspektiewe vanuit die volgende twee bronne, met veral ʼn pastorale klem, kom ook in hierdie kursus aan die orde: Gregory Jantz - Healing the scars of addiction. Stephen Arterburn & David Stoop - Understanding and loving a person with alcohol or drug addiction. Vanuit bovermelde bronne word ten slotte 'n geïntegreerde pastorale benadering geformuleer vir die begeleiding van persone met trauma gedurende hul kinderjare, en veral ook waar dit plaasgevind het binne ʼn milieu van verslawing.