У нас вы можете посмотреть бесплатно Generasiebagasie (Oorgeërfde familietrauma) - Prof Wentzel Coetzer или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Die problematiek rondom Generasie Bagasie (intergenerasie trauma) hou verband met die feit dat ouers dikwels deur intense trauma gaan sonder die nodige hulp en begeleiding. Dit kan 'n proses wees wat oor jare strek en die kinders en kleinkinders wat dan binne so 'n familie opgroei, word uiteindelik op talle wyses geraak deur die impak van hierdie onverwerkte trauma – onder andere ouerlike vaardighede wat in die slag bly. Indien sodanige trauma nie hanteer word nie dan toon die navorsing dat dit as't ware 'n 'pakkie pyn' word wat onbewustelik aan kinders en kleinkinders 'oorhandig' word – dit kan weer lei tot probleme op emosionele, geestelike of fisiese terreine. Vanuit die navorsing blyk dat 'n geneagram 'n handige hulpmiddel kan wees ten einde te probeer vasstel hoeveel onverwerkte pyn en trauma binne 'n sekere familie aanwesig mag wees – hoe gesond of hoe sieklik die algemene milieu dus was waarbinne ʼn spesifieke individu gebore was.