У нас вы можете посмотреть бесплатно Aandagafleibaarheid en die pastoraat - Prof Wentzel Coetzer или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Aandagafleibaarheid (waarby soms ingesluit is die element van hiperaktiwiteit, en soms nie) is ʼn gesondheidsprobleem wat internasionaal steeds aan die toeneem is, terwyl die koms van die Internet hierdie proses dramaties versnel het. Wat heling en voorkoming betref, blyk ʼn holistiese benadering die mees effektiewe te wees, met klem op die fisiese, emosionele, sosiale, en geestelike dimensies – dus nie slegs op medikasie nie. Afgesien van ander bronne, word daar in hierdie kursus in besonder gefokus op die volgende vier bydraes: Die medikus, Dr Gabor Maté se boek, Scattered minds. The origins and healing of attention deficit disorder (2012). Afgesien van moontlike genetiese faktore, verbind hy die primêre oorsake van hierdie probleem aan trauma en emosionele verwonding gedurende die vroeë lewensfases. Persone se verhale is gevolglik van besondere belang aangesien dit gewoonlik al die stukkies van die legkaart bevat. Aansluitend by die benadering van Maté word ook gelet op die bydrae van die Christen psigiater, Dr Daniel Amen, in sy boek, Healing ADD. The break-through program that allows you to see and heal the 7 types of ADD (2013). In sy benadering lê hy veral klem op die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike dimensies – die pastoraat vervul dus hier ʼn belangrike rol. Daar word verder ook gefokus op die boek van Stephen Arterburn en Michael Ross, Understanding and loving your child with ADHD (2021). Hulle volg ook ʼn multidissiplinêre benadering met besondere verwysing na pastorale perspektiewe. Die vierde bron is die teologiese proefskrif van J.R. Whitehurst, Effectively ministering to congregants with attention deficit disorder. (Lynchburg, Virginia: Liberty Baptist Theological Seminary, 2012). Ook in hierdie bron kom die pastoraat baie pertinent aan die orde. Opsommenderwys word aan die einde van die kursus ʼn aantal toepaslike pastorale perspektiewe geformuleer vanuit die onderskeie bydraes, met die oog op die begeleiding van persone met aandagafleibaarheid.