У нас вы можете посмотреть бесплатно Angs as die nuwe depressie - Prof Wentzel Coetzer или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Angs is al beskryf as die ‘amptelike emosie van ons eeu’. Waar depressie eers bo-aan die lys was in terme van geestesgesondheid versteurings, het angs dit nou vervang en word dit selfs beskryf as epidemies. Bydraende faktore hiertoe is byvoorbeeld die getraumatiseerde samelewing waarbinne ons onsself bevind met sy hoë misdaadsyfers, politieke onrus, motorkapings, plaasmoorde, die pas van die samelewing wat al vinniger raak, en dan veral ook die rol van die Internet en sosiale media. Toenemende liggaamlike en emosionele probleme en selfs paniekaanvalle is sommige van die kritiese gevolge van al hierdie faktore. Heling en langtermyn oplossings is slegs moontlik deur middel van ʼn multidissiplinêre benadering waarvan die Pastoraat 'n onontbeerlike komponent is – veral omdat angs so dikwels ook lei tot ʼn geloofskrisis. Die oogmerk met die voorgestelde pastorale benadering in hierdie kursus is dat afgesien van moontlike psigologiese en mediese insette, angs en vrees uiteindelik vervang sal word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, soos beskryf deur Paulus in Filippense 4:7.