У нас вы можете посмотреть бесплатно Wat kan ek glo, oor of my verhouding met God gesond is? | Erediens, 19 Julie 2020 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Dankie dat jy inskakel by ons aanlyn diens. Raak deel van ons Telegram groep: qrco.de/kgtelegram Volg ons dienste op Kruiskyk: https://kruiskyk.tv/ Kompas Gemeente se ander Bedieninge op YouTube: Ontdekkers - Kompas Gemeente (3-8 jaar) Een Rigting - Kompas Gemeente (9-12 jaar) Toegee (13-18 jaar) Onbeperk (jong volwassenes) JY KAN KONTAK MAAK BY: 13-18 jaar: Tommie Arpin - 0823426245 / tommie@kg.org.za 19-27 jaar: Jonathan Müller - 0646586636 / jonathan@kg.org.za 28-36 jaar: Edohan Burger - 0845700669 / edohan@kg.org.za 37-47 jaar: Darius van der Schyf - 0728228267 / darius@kg.org.za 48-57 jaar: Nico van As - 0829733895 / nico@kg.org.za 58 jaar en ouer: Koos Jooste - 0842777770 / koos@kg.org.za Marius Malan: marius@kg.org.za Riaan Pelser: 082 775 7147 / riaan@kg.org.za Gebedsversoeke - navrae@kg.org.za PREEKNOTA: 1. Wat kan een van die groot probleme van Christenskap wees? 1 Samuel 8:5-9 (NLV) 5”Kyk,” sê hulle vir hom, ”u is nou al bejaard en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel vir ons ’n koning aan soos die gebruik is by al die ander nasies.” 6Samuel was baie ontsteld oor hierdie versoek en het eers die Here gaan raadpleeg. 7”Maak soos hulle sê,” antwoord die Here, ”want dis nie vir jou wat hulle verwerp nie, maar vir My wat hulle nie meer as hulle koning wil hê nie. 8Sedert Ek hulle uit Egipte verlos het, het hulle My aanhoudend verwerp en ander gode gedien. Nou maak hulle net so met jou ook. 9Doen soos hulle vra, maar waarsku hulle ernstig oor wat ’n koning met hulle sal doen.” 1 Samuel 15:22-23 (AFR 83) 22Maar Samuel antwoord: ”Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. 23Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” Matteus 11:27b-28 (DB) ”... Ek en my Vader het geen geheime vir mekaar nie. Ons ken mekaar deur en deur. Niemand ken Ons soos Ons mekaar ken nie. Wil julle die Vader so leer ken? Ek kan julle aan 28Hom voorstel. Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede eat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. Kom luister na wat Ek jou oor jou lewe wil leer. Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê.” 2. Hoe ontstaan godsdiens in jou? a) Jy raak deel van ”kerk” of ”denominasie”, in plaas van deel van Jesus 1 Johannes 5:11-12 (NLV) 11En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun. 12Hy wat deel het aan die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie nie deel het aan die Seun van God nie, het ook nie deel aan die ewige lewe nie. b) Jy dink daar is meer krag in wette, as in verhouding met Jesus Romeine 8:3-4 (NLV) 3Die wet van Moses kon ons as gevolg van ons sondige natuur nie verlos nie. Daarom het God sy eie Seun met ’n menslike natuur soos ons sondige menslike natuur na ons toe gestuur om as offer vir ons sonde te dien. Daarmee het Hy afgereken met die sonde in ons menslike bestaan, 4sodat ons kan voldoen aan die vereiste van die wet – ons wat nou nie meer volgens ons sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees. 3. Wat is ’n Christen se versoeking? Romeine 1:14-17 (NLV) 14Ek het ’n groot verantwoordelikheid teenoor almal – maak nie saak of hulle van ons eie kultuur of van ’n ander kultuur is, of hoe opgevoed of onopgevoed hulle is nie. 15Daarom is ek gretig om ook aan julle in Rome die Goeie Nuus te verkondig.16Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. 17Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: ”Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” 4. Hoe gaan jy die versoeking van godsdiens oorwin? Matteus 11:27-30 (NLV) 27”My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader. En niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die Vader wil bekendmaak. 28Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. 29Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry. 30Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”