У нас вы можете посмотреть бесплатно Nou's die tyd vir Gemeenskap. Skaapskuiling | Erediens, 6 September 2020 или скачать в максимальном доступном качестве, видео которое было загружено на ютуб. Для загрузки выберите вариант из формы ниже:
Если кнопки скачивания не
загрузились
НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием видео, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу
страницы.
Спасибо за использование сервиса ClipSaver.ru
Dankie dat jy inskakel by ons aanlyn diens. Raak deel van ons Telegram groep: https://qrco.de/kgtelegram Volg ons dienste op Kruiskyk: https://kruiskyk.tv/ Luister na ons dienste op "podcast": Apple Podcasts: https://podcasts.apple.com/za/podcast... Spotify: https://open.spotify.com/show/1NqUjGj... Kompas Gemeente se ander Bedieninge op YouTube: Ontdekkers - Kompas Gemeente (3-8 jaar) Een Rigting - Kompas Gemeente (9-12 jaar) Toegee (13-18 jaar) Onbeperk (jong volwassenes) JY KAN KONTAK MAAK BY: 13-18 jaar: Tommie Arpin - 0823426245 / tommie@kg.org.za 19-27 jaar: Jonathan Müller - 0646586636 / jonathan@kg.org.za 28-36 jaar: Edohan Burger - 0845700669 / edohan@kg.org.za 37-47 jaar: Darius van der Schyf - 0728228267 / darius@kg.org.za 48-57 jaar: Nico van As - 0829733895 / nico@kg.org.za 58 jaar en ouer: Koos Jooste - 0842777770 / koos@kg.org.za Marius Malan: marius@kg.org.za Riaan Pelser: 082 775 7147 / riaan@kg.org.za Gebedsversoeke - navrae@kg.org.za PREEKNOTA: 1. Ons is geskep vir gemeenskap Genesis 1:27 (NLV) 27God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. 2. Wat is die doel van gemeenskap? Markus 3:13-19 (AFR83) 13Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom. 14Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. 15Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe. 16Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het, 17Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder” – 18Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër, 19en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het. a) Behoefte vir jouself – Belofte/Voeding b) Behoefte vir ander – Opdrag/Beskerming 3. Hoe kan jy jou beskermingsrol in die skaapskuiling vervul? a) Gee jou tyd Matteus 25:34-40 (NLV) 34”Daarop sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ’Kom julle, want my Vader het julle geseën. Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het. 35Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; 36toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.’ 37Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: ’Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons gesien dat U ’n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? 39En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?’ 40En die Koning sal vir hulle antwoord: ’Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.’” b) Gee jou gawes 1 Korintiërs 12:27 (NLV) 27Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is ’n noodsaaklike liggaamsdeel. c) Gee jou liefde 1 Korintiërs 12:29-31 - 1 Korintiërs 13:3 (NLV) 29Ons is mos nie almal apostels nie. Ons is nie almal profete nie. Ons het nie almal die gawe om onderrig te gee nie. Ons het nie almal die vermoë om wonders te verrig nie. 30Ons het nie almal gawes van genesing nie. Ons kan nie almal in tale praat nie. Ons kan nie almal tale uitlê nie. 31In alle geval – konsentreer op die nuttigste gawes. Maar laat ek julle nou eers vertel waar die eintlike geheim lê. ... 1Al sou ek enige taal op aarde of selfs in die hemel kon praat, maar ek kom die liefde kort, het ek ’n galmende trom of ’n klinkende simbaal geword. 2En al sou ek die gawe van profesie hê, en sou ek alle geheime kon ontrafel, en al die kennis ter wêreld hê, en al sou ek genoeg geloof hê om berge te verskuif, maar ek kom die liefde kort, sou ek ’n ronde nul wees. 3Enal sou ek al my besittings vir die armes gee en selfs my liggaam opoffer sodat ek my daarop kon beroem,maar ek kom die liefde kort, sou dit my niks help nie. 4. Waar kan jy Jesus se skaapskuiling aan iemand bewys? 5. Jesus gee ons die voorbeeld van ’n skaapskuiling Matteus 26:26-28 (NLV) 26Terwyl hulle besig was om te eet, neem Jesus brood en vra God se seën daarop. Toe breek Hy dit in stukke en gee dit aan sy dissipels met die woorde: ”Neem en eet dit. Dit is my liggaam.” 27En Hy het die beker geneem en God daarvoor gedank. Hy het dit aan hulle gegee met die woorde: ”Drink almal daaruit, 28want dit is my bloed wat die verbond tussen God en sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet sodat hulle sondes vergewe kan word.”